GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
543 Episodes
540 – 543

#DieGrootTrek - Nicholas Louw doen Opera

Ons almal ken vir Nicolis Louw met sy “Rock daai Lyfie” en “Generaal”, maar het jy geweet hy het ‘n GROOT liefde vir Opera. Ons het hom op die lug gevra of hy ‘n ou klassieke enetjie, Nessum Dorma, sommer so onvoorbereid en uit sy hart uit te sing…
19 May 2021 4 min

#DieGrootTrek - Jeremy Maggs oor sy nuwe boek "My Final Answer".

Die legendariese Jeremy Maggs het kom kuier op die #GROOTtrek om te gesels oor sy nuwe boek #MyFinalAnswer. Dit was so ‘n insiggewende gesprek oor joernalistiek en die media bedryf in Suid Afrika oor die laaste 30+ jaar. Ooo, en Nina en Doepie speel ook #WhoWantsToBeAMillionaire saam met die uwe…
12 May 2021 37 min

#DieGrootTrek - Gabrielle De Gama staan op teen "Bullies".

Die pragtige, brawe Gabrielle De Gama het definitief nie op haar mond geval wanneer dit by boelies kom nie. Hierdie passievolle 14-jarige gesels openhartig oor alle aspekte van boelies. Sy vertel hoe sy self geboelie is en gee ook raad aan ouers van slagoffers en slagoffers self.
10 May 2021 23 min
540 – 543