ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

Albert Maritz - The boy behind the wardrobe

Bekende akteur en regiseur Albert Maritz gesels met Annelie oor die dokumenter "The boy behind the wardrobe" wat gaan oor Dr.Winston Wicomb se storie van groot word in 'n huis waar hy weggesteek is vir die samelewing tot die hoof dr. Chris Barnard se Labratorium wat geskiedenis gemaak het deur…
22 Oct 15 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Geeweek (Roelien Potgieter en Atterbury Trust)

Louis van der Watt Hoof uitvoerende beampte  van die Atterbury Property groep, en ook een van die stigters en ‘n trustee van Atterbury Trust en Ananja Koen, Uitvoerende Hoof van Atterbury Trust kom vertel ons waar die droom begin het. Ons gesels ook met Roelien Potgieter, stasiebestuurder van GrootFM oor…
26 Oct 20 min