ON AIR

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

Snoete-goete: Gato Inn

The Gato Inn in die ooste van Pretoria bied veilige, luukse kort en langtermyn verblyf vir jou kat. Morne Combrink vertel ons meer
12 Jun 4AM 6 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 12 Junie

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio. Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot…
12 Jun 6 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Tamryn Madalé | 11 Junie 

Tamryn gesels met Venita oor haar nuwe enkelsnit Egte Liefde. Sy vertel hoe die liedjie deur persoonlike ervarings geïnspireer is, en hoe haar familie die mense is wat haar help om haar drome na te jaag en haar deurentyd ondersteun.
11 Jun 14 min