GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
900 Episodes
1 – 20

#OntbytMetDoepieEnNina - Majozi (Hold Tight)

Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer MAJOZI stel vandag sy opbouende nuwe enkelsnit, *HOLD TIGHT*, vry – die derde amptelike enkelsnit vanaf sy bekroonde EP, *FLANNEL MUSIC*. Die snit kombineer meesleurende melodieë met 'n optimistiese boodskap van volharding en verbondenheid, en dien as 'n herinnering om vas te hou te midde van…
9 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Snotkop nuwe enkelsnit

Vars van die Multi-Platinum-sukses van hul treffer "Boerepompie", is Snotkop en Ricus Nel terug met nóg 'n groter samewerking wat Suid-Afrikaners regoor die land gaan vermaak. Hul splinternuwe enkelsnit, "Koelboks Koning", word vergesel deur 'n skreeusnaakse musiekvideo wat beloof om onmiddellik 'n gunsteling onder aanhangers te word.
3 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Blomme om ons positief te maak

Vandag gesels ons met Linda van der Walt, kreatiewe konsultant by LVG Plants en die persoon agter LND Living. Linda werk baie met plante, kreatiwiteit en wellness, en veral met die idee dat plante nie net mooi is nie , hulle kan ook ’n positiewe invloed hê op hoe ons…
1 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Is jy Okay?

Ons spelterapeut Arette Burger kom gesels vandag vandag en deel wenke met haar jare se onderwining hoe om ons liggaam, siel en gees fiks en gesond te kry en te hou.
1 Sep 16 min
1 – 20