Spektrum

Spektrum with Johann Els is a Radio Pulpit drive-time programme that will wind you down after a busy day. It is packed with humour, information and testimonies. The aim of the programme is to keep listeners informed, inspired and encouraged.
Daily English South Africa Christianity · Christianity
1,714 Episodes
1520 – 1540

Immanuel Landman stap vir 'n huis

Johann Els gesels met Immanuel Landman oor hoe gemeenskappe vir mekaar begin omgee en mekaar se laste begin dra. Hy het die afgelope naweek 50 km van Hammanskraal na PTA toe gestap om geld in te samel om ‘n huis te bou vir Anic Mosima en haar kinders.
23 Jul 2021 5AM 19 min

Ds Scherlize Hayes - Isibindi

Johann Els gesels met Ds. Scherlize Hayes van Isibindi op Ysterplaat, waar sy projekbestuurder is, asook bedienaar by die Ysterplaat gemeente wat die projekte huisves. Sy werk met 'n nasorgsentrum vir weerlose kinders, en beoog ook ‘n Containerprojek, wat koeëlvaste eenhede is wat as behuising vir van hierdie kinders sal…
22 Jul 2021 6AM 17 min

Kalaharistories - waai Geeswind waai

HJ Cronjé vertel vandag vir ons nog een van sy Kalahari stories. Sy getuienis verhale het 'n geestelike boodskap, maar word vertel in daardie unieke styl wat mens slegs daar op die kaal vlaktes kan optel. Vandag se storie se naam is "Waai Geeswind Waai” uit Jesaja 55:7
22 Jul 2021 1AM 7 min

Gateway News for the week

Gateway News is a news service that publishes a roundup of Christian news across the country and beyond each week. André Viljoen is the editor and he gives us an update on what is happening in His Kingdom in SA.
21 Jul 2021 12AM 4 min

Sanet Deysel: Geluk Vs Vreugde

Vanmiddag se eerste inspirasie is ‘n reeks aangebied deur die einste Sanet Deysel wat ons gemeenskapsnuus elke dag aanbied. Sy is ook ‘n lewensafrigter en wil vandag met ons gesels oor “geluk vs vreugde.”
21 Jul 2021 12AM 4 min

Charles van Onselen: Danksegging

Charles gesels oor sy tema; DANKSEGGING uit FILIPPENSE 4:6 NLV Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook DANK vir ALLES wat Hy doen.
21 Jul 2021 12AM 4 min

Izelle Loots oor Kovid tuis en by die hospitale

Johann Els gesels gesels met Izelle Loots, ‘n verpleegdeskundige en ook Streekbestuurder vir opleiding vir 'n bekende hospitaal groep. Haar hele gesin is deur Kovid platgetrek, en sy sal ons ook ‘n bietjie insig kan gee oor hoe dit huidiglik in die hospitaalsale gaan.
21 Jul 2021 12AM 14 min

Koinonia etes oor die kleurgrense

Johann Els gesels met Archie van Biljon van Ceres in die Koue Bokkeveld. Hulle het ‘n baie unieke manier om oor die kleurgrense heen koinonia groepe te hou om doelbewus verhouding te bou.
16 Jul 2021 12AM 18 min

Esther Taljaard van Take Action

Johann Els gesels met Esther Taljaard – Operasionele Bestuurder van Take Action, ‘n organisasie wat werk met verskeie nasorgsentrums in Hammanskraal. Hulle het allerhande inisiatiewe wat beïnvloed word deur die epidemie en hulle planne om iets daaromtrend te doen.
15 Jul 2021 12AM 14 min

Kalaharistories - Wat 'n vriend het ons in Jesus

HJ Cronjé vertel vandag vir ons nog een van sy Kalahari stories. Sy getuienis verhale het 'n geestelike boodskap, maar word vertel in daardie unieke styl wat mens slegs daar op die kaal vlaktes kan optel. Vandag se storie se naam is "Watter vriend het ons in Jesus” uit Hooglied…
14 Jul 2021 12PM 6 min

Gateway News for the week

Gateway News is a news service that publishes a roundup of Christian news across the country and beyond each week. André Viljoen is the editor and he gives us an update on what is happening in the Kingdom.
14 Jul 2021 12AM 5 min

Sanet Deysel - Identiteit

Vanmiddag se eerste inspirasie is ‘n reeks aangebied deur die einste Sanet Deysel wat ons gemeenskapsnuus elke dag aanbied. Sy is ook ‘n lewensafrigter en wil vandag met ons gesels oor hoe belangrik ons identiteit is.
13 Jul 2021 7AM 4 min

Leon Ferreira sing vir nog 'n dag

Johann Els gesels met Leon Ferreira oor waar hy nou is en sy nuwe CD, “Another Day - Virtually Live” wat hy na 25 jaar se wil, uiteindelik nou vrystel.
9 Jul 2021 12AM 13 min

Hugh Wetmore - Congregational singing

Johann Els is speaking to Hugh Wetmore. He is a contributor to Gateway News and has published over 450 songs and hymns. His latest article and the theme of the conversation is “A welcome new trend in congregational singing.”
8 Jul 2021 5AM 16 min

Gateway News

Gateway News is a news service that publishes a roundup of Christian news across the country and beyond each week. André Viljoen is the editor and he gives us an update on what is happening in the Kingdom
7 Jul 2021 3AM 5 min

Kalaharistories - Woonplek vir Sy Naam

HJ Cronjé vertel vandag vir ons nog een van sy Kalahari stories. Sy getuienis verhale het 'n geestelike boodskap, maar word vertel in daardie unieke styl wat mens slegs daar op die kaal vlaktes kan optel. Vandag se storie se naam is "Woonplek vir Sy Naam" uit 1 Kron. 8:27…
7 Jul 2021 1AM 6 min

Charles van Onselen - Klop Klop

Charles van Onselen deel rondom die tema: 'Klop, Klop' uit Openbaring 3:20 (1983) Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.
7 Jul 2021 12AM 6 min

Andrew Doyle van Basileia Patria

Johann Els gesels met Andrew Doyle van Basileia Patria. Hulle slagspreuk is Dare to Give en hulle mobiliseer Christene en besighede om God se Vaderhart ten toon te stel aan die wat gladnie meer daaraan glo nie.
7 Jul 2021 12AM 19 min

Sanet Deysel - Die Tipes Waardes

Sanet Deysel is 'n lewensafrigter, maar meer belangrik, 'n volgeling van Jesus Christus. Hier deel sy watter tipes waardes daar is om onsself aan te meet.
6 Jul 2021 12AM 4 min
1520 – 1540