‘n 31-jarige man het gister in die Lydenburg-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n gesteelde vuurwapen. Hy is die vorige dag deur die Lydenburg honde-eenheid aangekeer na hulle 'n verdagte vragmotor gestop en deursoek het. Die Z88-pistool is in sy bagasie gevind. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Gugu Phiri, het die verdagte…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens ervaar 'n ernstige tekort aan bloed, en het mense aangemoedig om bloed te skenk voor Kersfees. Ronald Marsh skryf dit toe aan 'n toename in die vraag na bloed en afname in skenkings wat hulle gewoonlik hierdie tyd van die jaar ervaar. In Mbombela is die…
Ses mense is Maandag deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as 3-miljoen-Rand. Nomthandazo Khoza was 'n boekhou-klerk in die departement van onderwys wat tussen Mei 2019 en November verlede jaar saam met 'n kollega, Mosibudi Makutu, begunstigdes vervals het en betalings aan…
Merkery vir die matriek eindeksamen loop vandag in Mpumalanga ten einde. Die woordvoerder vir die provinsiale departement van onderwys, Gerald Sambo, sê hulle is tevrede met hoe die nasienery verloop het. Geen ernstige voorvalle is by enige van die 21 merksentrums aangemeld nie. ‘n Totaal van 69 260 gr. 12…
Mbombela se nuutverkose burgemeester, Sibongile Makushe, sê ‘n groter klem moet op toerisme geplaas word. Die sakegemeenskap het van hul mees dringende kwellinge aan haar gelug tydens ‘n onlangse ontbytvergadering. ‘n Groot en gedeelde kwessie was die afwesigheid van ‘n wesenlike plaaslike ekonomiese ontwikkeling-strategie vir die munisipaliteit. Daar is tans…
Ses mense is gisteraand dood in ‘n ongeluk op die R38 tussen Kaapmuiden en Barberton. Volgens Moeti Mmusi, van die departement vir gemeenskapsveiligheid, het twee sedans om ongeveer 20:00 reg van voor teen mekaar gebots. Vier vroue en twee mans tel onder die oorledenes wat beide bestuurders insluit. Nog drie…
'n 57-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy sy ses-jarige kleindogter doodgesteek het, bly in aanhouding tot Januarie sodat hy psigiatriese evaluering kan ondergaan. Die man het Woensdag in die Emalahleni-landdroshof verskyn. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die dogtertjie Sondag in Vosman verskeie kere gesteek. Gemeenskapslede wat hom beskuldig…
Groot skade is aan verskeie winkels by Tonga Mall aangerig tydens ‘n rooftog. Volgens die polisie se brigadier Selvy Mohlala het ‘n groep aanvallers Woensdag om half 2 die oggend ‘n sekuriteitswag vasgebind en die ander beveel om te vlug. Met hul aankoms het ‘n skietgeveg tussen die polisie en…
Roelf Kotze, bestuuder van Mbombela-stadion, is opgewonde dat hulle in Augustus 'n All Black - Springbok toets sal aanbied, iets wat hy 'n absolute hoogtepunt vir die stad en stadion noem. Dit sou verlede jaar plaasgevind het, maar alles is afgestel weens die pandemie. Die Pumas skop hul Curriebeker-toernooi die…
Die MTPA soek steeds na 'n trop leeus wat meer as 'n week gelede uit die Krugerwildtuin tot in Marloth Park ontsnap het. Gerrie Camacho sê hulle beplan om hulle te pyl en te skuif, weens die gevaar wat hulle vir mense inhou. Hul taak word egter bemoeilik deur dat…
‘n 37-jarige man sal na verwagting vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op klagte van die besit van vervalste goedere. Hy is Donderdag by die Lebombo-grenspos aangekeer toe hy in besit gevind is van nagemaakte tekkies ter waarde van sowat 3,8-million-Rand wat hy in Suid-Afrika ingesmokkel het. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy…
Phumzile Maqondwana is gisteraand by die Mpumalanga Rugbyunie se toekenningsaand aangewys as die Pumas Curriebeker-speler van die jaar. Hy is ook as voorspeler van die jaar bekroon by die geleentheid by Mbombela-stadion. Die spelers se Speler van die Jaar is Pieter Janse van Vuren. Bongani Rainmaker is ook aangekondig as…
AfriForum het weer verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die blou- en groendruppelstatus van hul drink- en rioolwater te bepaal. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder, voldoen al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde en bevat dit nie skadelike bakterieë nie. Twaalf rioolsuiweringsaanlegte…
‘n 27-jarige man wat glo betrokke was by verskeie sakerowe en inbrake regoor die provinsie, verskyn weer vandag in die Nkomazi-landdroshof. Hy is Maandag in Tonga aangekeer. Volgens die polisie word hy gekoppel aan verskeie rooftogte in September en Oktober waartydens plofstof gebruik is om onder meer kontant te steel…
Die Mpumalanga LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, skop Donderdag die provinsie se padveiligheid-veldtog af tussen Standerton en Balfour. Die besige R-23 was die afgelope vakansietye die toneel van baie noodlottige ongelukke. Die veldtog moedig padgebruikers aan om padreëls na te kom om ongelukke te verminder. Vanjaar is die fokus veral…
‘n Jong man het verlede week gehelp om sy sussie, wat voor sy geboorte ontvoer is, na meer as 20 jaar op te spoor. Die pasgebore baba is in Maart 2001 in Ermelo ontvoer. Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, verduidelik. Op 29 November vanjaar het die eerste deurbraak gekom: die ontvoerde…
‘n 18-jarige man is in Bosbokrand aangekeer omdat hy na bewering twee broers gesteek het. Die 23-jarige Karabo Mathosi is dood, en sy 19-jarige broer gewond. Volgens die polisie het hulle in die vroeë oggendure van Sondag buite ‘n drinkplek wat gesluit was met dobbelstene gedobbel toe die argument ontstaan…
Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is. Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het. Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor…
Bietjie-Bietjie-Bos het gekom en weer gegaan en was 'n groot sukses. Innibos se bemarkingshoof, Sandra Jacobs, sê hulle is baie tevrede met die opkoms, en dankbaar vir al die ondersteuning. Hulle beplan ook reeds aan die groot fees in die winter, maar sal nie die datums aan kan kondig tot…
Bietjie-Bietjie-Bos mag veel kleiner wees as die fees waaraan Laevelders oor die jare gewoond geraak het, maar die aanbieding bly groot. Komedie en drama is op die planke in drie teaterproduksies: "Wat As", "Die Grapmakers" en "Groet die Grotman 2". Kaartjies is by die deur en Computicket beskikbaar. Luister hier…
3 Dec 2021 6AM
1 min
1220 – 1240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.