NHS geëerd om interhoër aan te bied

Loading player...
Hoërskool Nelspruit bied op 26 Februarie die interhoër aan, na dié vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie kon plaasvind nie.
Hoof, Johan Hattingh, sê dit beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie.
Die atlete sal na raming sowat die helfte van die toegelate 2-duisend mense opmaak, en leerlinge van die sewe hoërskole sal dan voorkeur kry vir bywoning.
Hattingh sê hulle hou duim vas dat meer mense, en ouers, teen dan toegelaat mag word.
17 Jan 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min