100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,804 Episodes
1240 – 1260

Toerisme sien rooi oor rooilys

Plaaslike toeriste operateurs is verpletter deur die reisverbod wat verskeie lande op Suid-Afrika geplaas het na die jongste Covid-19-variant opgespoor is. Oupa Pilane van Kruger Laeveld Toerisme sê dat veral safari lodges op internasionele besoekers staatmaak en 'n goeie Desember nodig gehad het. Dit is egter nou van die baan…
1 Dec 2021 8AM 1 min

VF Plus verkla Mpumalanga by Openbare beskermer

Die VF Plus beplan om ʼn klag by die openbare beskermer in te dien oor meer as 300-miljoen-Rand wat die afgelope 10 jaar aan twee projekte in Mpumalanga spandeer is – wat blykbaar nie bestaan nie. Die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning het die geld vir die twee…
1 Dec 2021 6AM 1 min

Meer as 250 verdagtes vasgetrek binne drie dae in Mpumalanga

Meer as 255 verdagtes is die afgelope drie dae in Mpumalanga aangekeer vir verskeie misdade. Oortredings sluit in moord, dronkbestuur, die besit van onwettige vuurwapens en gesteelde goedere, sowel as oortreding van die wet op immigrasie. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die stop en soek, padblokkades, inspeksies, patrollies en verhoogde…
1 Dec 2021 4AM 1 min

Bietjie-bietjie rock en rol in die Laeveld hierdie fees

Bietjie-Bietjie-Bos skop môre af. Elandré sê hy is geëerd om Vrydagaand by die Kliphard kykNET-konsert die verhoog met onder meer Francois van Coke en Spoegwolf te deel. Dié gewilde sanger sê hulle het regelik naels gekou voor pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het dat die land nie nou na 'n hoër…
30 Nov 2021 4AM 1 min

Skud jou partytjievere reg vir Bietjie-Bietjie-Bos

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember, Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Bywoningsgetalle op die feesterrein moet beperk bly tot 2 000 mense ween inperking. Feesbestuurder, Andy Lubbe, verduidelik hoe die feesterrein gaan werk tydens die Vrydag, Saterdag en Sondag se aandkonserte.
30 Nov 2021 4AM 1 min

Munisipaliteite skuld Eskom massiewe bedrae

Tien munisipaliteite in Mpumalanga se totale skuld aan Eskom beloop tans 12,5-miljard-Rand. Dit blyk uit ʼn antwoord die LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Busisiwe Shiba, op ‘n vraag van die VF Plus. Die groot sondaar is eMalahleni wat 5,5-miljard-Rand aan die kragverskaffer verskuldig is. In die Laeveld skuld…
29 Nov 2021 6AM 1 min

Meer as 80 vroue sedert April in Mpumalanga vermoor

Mpumalanga se LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, het haar kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van geweld teen vroue en kinders sedert April. Tot en met September is 84 vroue in die provinsie vermoor, 716 verkrag, 72 seksueel aangerand, en 3-duisend-164 aangerand. Die provinsiale regering het Vrydag hul 16…
29 Nov 2021 4AM 1 min

Sibongile Makhushe ingesweer as Mbombela se nuwe burgemeester

Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies. William Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte. Die nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by…
25 Nov 2021 2AM 1 min

Alarm gemaak oor riool in Witrivier-natuurreservaat

Die VF Plus het Mbombela-munisipaliteit by die provinsie se Groen Skerpioene verkla oor beweerde rioolbesoedeling in die Witrivier-natuurreservaat. Die party het die waarnemende LUR, Busisiwe Shiba, versoek om dit dringend te ondersoek en die munisipaliteit te beveel om ʼn volhoubare oplossing vir die probleem te vind. Volgens Freddy Robertson, ‘n…
24 Nov 2021 7AM 1 min

Man vas wat glo polisiebeampte in Barberton vermoor

‘n 42-jarige verdagte sal vandag in die Barberton-hof verskyn op twee klagte van moord. Hy word aangekla dat hy Speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi, op 17 Oktober by Zanni Tavern in Barberton doodgeskiet het. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde en was ten tyde…
17 Nov 2021 5AM 1 min

VF Plus verwelkom hofuitspraak oor mynbou in Wakkerstroom-bewaarings-gebied

Die VF Plus het die Grondwethof se uitspraak Maandag verwelkom dat die mynboureus, Atha Africa Ventures, nie met mynboubedrywighede in Wakkerstroom mag begin voordat alle uitstaande hofsake en -aansoeke teen hom afgehandel is nie. Die maatskappy poog al vir ses jaar om steenkool in die waterryke Mabola-bewaargebied te ontgin, maar…
17 Nov 2021 2AM 1 min

Agt vas vir bedrog by Lebombo-grenspos

Agt verdagtes sal na verwagting vandag in die hof in Komatipoort verskyn op klagte van bedrog en korrupsie. Drie is Vrydag aangekeer en nog drie gister. Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, sê nog twee verdagtes sal hulself vandag aan die owerhede oorhanding. Sy sê die intelligensie-gedrewe operasie na immigrasie-beamptes by Lebombo-grenspos…
15 Nov 2021 6AM 1 min

LUR van R25 000 kontant beroof tydens kaping

Niemand is nog aangekeer vir die kaping en roof van LUR, Speedy Mashilo, Donderdag nie. Mashilo is die Mpumalanga LUR vir menslike nedersettings en streeksvoorsitter van die ANC. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was hy om ongeveer 12:00 op pad om te gaan jag, toe hy op die R568 tussen…
15 Nov 2021 6AM 1 min

Twee vas wat department uit miljoene bedrieg

Twee mans wat na bewering saamgesweer het om meer as R4,5 miljoen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling te steel, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Ronny Germany Ngwenyama en Tinyiko Shadrack Golele word van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla. Golele was 'n werknemer van die Mpumalanga…
11 Nov 2021 5AM 1 min

Groot skade na jongste storm

Dele van Mbombela en Nkomazi is die afgelope naweek erg beskadig deur storms. Volgens Jacques Benade van provinsiale rampbestuur was die meeste skade gekonsentreer in Nkomazi. Sowat 560 huise, twee gemeenskapsale, 14 skole, nege kerke, 12 winkels en twee gastehuise is beskadig. Hy voeg by dat nog sulke storms vir…
10 Nov 2021 7AM 1 min

Verdagte vas na vroeg-oggend jaagtog

‘n Verdagte is aangekeer en een is voortvlugtig na ‘n jaagtog wat uitgeloop het op ‘n skietery by Crossing-sentrum vanoggend. Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice sê hy het inligting bekom oor ‘n Oranje VW Polo wat in die vroeë oggend-ure in Ermelo gesteel is. Sekuriteitsbeamptes van BCJ en Hi-Tech…
10 Nov 2021 4AM 1 min

Bietjie teater by Innibos

Innibos hou vanjaar vanaf 1 tot 5 Desember 'n Bietjie-bietjie-Bos. Hierdie weergawe van die jaarlikse Innibos Kunstefees sal aansienlik kleiner wees as die gewone fees in Junie wat die afgelope twee jaar weens die Covid-19-pandemie nie plaas kon vind nie. Philna Scholtz, programbestuurder van die fees, sê dit is belangriker…
9 Nov 2021 5AM 1 min

Drie verdagtes gesoek wat op polisie skiet

Die polisie is op soek na drie verdagtes wat om ongeveer 1-uur vanoggend by 'n kroeg in Tonga ingebreek het. Die mans, gewapen met 'n geweer en handwapens, het op die polisielede op die toneel geskiet. Hulle het teruggevuur. Brigadier Selvy Mohlala sê hulle glo dat ten minste een van…
8 Nov 2021 6AM 1 min

Radio Laeveld hou Vrydag jaarlikse gholfdag

Radio Laeveld, in samewerking met Mbombela-gholfklub, hou Vrydag ‘n jaarlikse gholfdag ten bate van Met Hart, 100.5 se welwillendheidsorganisasie. Daar is verskeie pryse op die spel. Anton Botha gaan op die dag musiek maak. Die inskrywing vir ‘n vier-bal beloop een-duisend-200-Rand. Om betrokke te raak, kontak Vanessa by 084-626-4007 of…
8 Nov 2021 5AM 1 min
1240 – 1260