Ontvoerde baba na 20 jaar gevind toe boetie foto op sosiale media sien

Loading player...
‘n Jong man het verlede week gehelp om sy sussie, wat voor sy geboorte ontvoer is, na meer as 20 jaar op te spoor.
Die pasgebore baba is in Maart 2001 in Ermelo ontvoer. Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, verduidelik.
Op 29 November vanjaar het die eerste deurbraak gekom: die ontvoerde baba se jonger boetie, nou 19 jaar oud, het ‘n foto van sy sussie op sosiale media gesien, en agterdogtig geraak omdat sy presies lyk soos hul ma as tiener.
Hy het die polisie gekontak, en DNS-toetse het bevestig dat sy die ontvoerde baba is.
Die verdagte, ‘n 50-jarige vrou, is aangekeer. Sy kan nie geïdentifiseer word nie, om die slagoffer se identiteit te beskerm. Sy het op 30 November in die Ermelo-landdroshof verskyn en is borgtog van R1 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 18 Januarie.
Die 20-jarige vrou is na ‘n plek van veiligheid geneem en ontvang berading en sal hopelik binnekort met haar biologiese gesin herenig word, aldus Mohlala.
7 Dec 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 7AM 10 min

Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië

Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster.
17 Jul 3AM 1 min

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 9AM 4 min

LDV rules

Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring.
24 Jun 6AM 1 min