Ses vas wat onderwysdepartement glo uit R3m bedrieg

Loading player...
Ses mense is Maandag deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as 3‪-miljoen-Rand.
Nomthandazo Khoza was 'n boekhou-klerk in die departement van onderwys wat tussen Mei 2019 en November verlede jaar saam met 'n kollega, Mosibudi Makutu, begunstigdes vervals het en betalings aan hulself en familielede gemaak het.
Vier familielede is ook aangekeer en daar is op vier voertuie beslag gelê.
Khoza is borg van 15-duisend-Rand toegestaan en die ander tussen 3-duisend en 5-duisend-Rand elk.
Die saak is uitgestel tot 24 Maart.
21 Dec 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min