Eindeksamen merkery sonder voorval voltooi

Loading player...
Merkery vir die matriek eindeksamen loop vandag in Mpumalanga ten einde.
Die woordvoerder vir die provinsiale departement van onderwys, Gerald Sambo, sê hulle is tevrede met hoe die nasienery verloop het. Geen ernstige voorvalle is by enige van die 21 merksentrums aangemeld nie.
‘n Totaal van 69 260 gr. 12 leerlinge het die eksamen afgelê.
Die departement mik vir ‘n slaagsyfer van 83%.
Die uitslae sal op 21 Januarie by die Universiteit van Mpumalanga aangekondig word.
21 Dec 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min