Drie moordenaars swaar gestraf

Loading player...
Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het.
Vusi Sihlabela, Karabo Makhubedu en Norman Mokoena het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview.
Toe hulle uitvind hy het die saak by die polisie aangegee, het hulle hom in sy huis dood gaan skiet. Volgens brigadier Selvy Mohlala is sy nefie ook gewond.
Al drie is lewenslank opgelê vir die moord en 65 tot 75 jaar vir poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
12 Jan 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min