Renosterstroper wat hof ontduik, vasgetrek

Loading player...
‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag deur die Valke aangekeer.
Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas op ‘n ander aanklag van renosterstropery.
Volgens kptein Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Nadat hy op borg vrygelaat is, het hy versuim om vir sy volgende verskynings op te daag.
In Oktober is hy weer in Delmas aangekeer op die N12 in besit van renosterhorings.
17 Jan 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min