Poskantoor rower aangekeer

Loading player...
‘n 28-jarige verdagte is aangekeer vir ‘n sakeroof wat Dinsdag by ‘n poskantoor naby Bosbokrand uitgevoer is deur ‘n groep van ongeveer 10 gewapende mans.
Volgens brig. Selvy Mohlala het hulle die werknemers beveel om op die vloer te lê en een gedwing om die kluis oop te maak.
Skote is lukraak afgevuur wat paniek veroorsaak het.
Hulle het met kontant gevlug in drie voertuie met vervalste nommerplate.
Een is in die BMW, en in besit van ‘n vuurwapen sonder ‘n reeksnommer, aangekeer.
5 Jan 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min