Twee vasgetrek in Sabie met gesteelde goedere

Loading player...
Twee verdagtes van 29 en 32 jaar oud is gister in Sabie aangekeer deur die Nelspruit Blitspatrollie.
Hulle was glo in die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Volgens kaptein Gugu Phiri was hulle in 'n voertuig wat na bewering by Kabokweni gekaap is. Die nasporingsmaatskappy en polisie het gevolg.
Sy sê hulle het in bosse in gevlug toe hulle besef hulle word agtervolg en is deur ‘n vriend opgelaai.
Die polisie het hulle na ‘n huis in Sabie gevolg. Drie 9 milimeter pistole sowel as vermoedelik gesteelde selfone is in hul besit gevind.
Beide behoort vandag in die hof te verskyn.
30 Dec 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min