100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,804 Episodes
1160 – 1180

Renosterstropers swaar gestraf

Twee renosterstropers sal effektief 19 jaar agter tralies spandeer, na hulle gister in die Skukuza-hof gevonnis is. Micheal Chauke (57) en Americo Mathonsi (59) is in Mei 2019 in die Satara deel van die Krugerwildtuin betrap maby 'n dooie renoster waarvan die horing af was. Volgens kolonel Donald Mdhluli is…
25 Feb 2022 3AM 1 min

Vermeende bedrieër vasgetrek in Limpopo

‘n 40-jarige man verskyn vandag in die Bosbokrand-hof op klagte dat hy werklose jeugdiges uit sowat 610-duisend-Rand bedrieg het. Hy is gister in Lephalale, Limpopo, aangekeer. Hy het glo in ruil vir kontant aan meer as 75 mense plekke beloof by die opleidingskollege vir verpleërs in Mpumalanga. Volgens die Valke…
23 Feb 2022 6AM 1 min

“Our city of Mbombela” more bekendgestel

Die "Our city of Mbombela" inisiatief word môre amptelik bekendgestel. Dit bepoog om die hele munisipale area skoner, mooier en veiliger te maak deur inwoners en plaaslike sakeondernemings se inisiatief. Sandra Jacobs, president van die Kruger-Laeveld-Sakekamer, sê die inisiatief behoort aan almal, en is om organisasies wat reeds bestaan, asook…
23 Feb 2022 4AM 1 min

TRACN4 Elands Marathon maak na 12 jaar 'n terugkeer

Die Elands Marathon maak op 7 Mei, na 12 jaar se afwesigheid, sy terugkeer tot die Laeveld hardloop kalender. Vanjaar is TRAC aanboord as borg vir hierdie kwalifiseringswedloop vir die Comrades. Die 42.2 km wedloop word hoofsaaklik op die N4 gehardloop, vanaf Waterval Boven tot in Ngodwana. Daar is ook…
22 Feb 2022 8AM 1 min

Atletiek-skouspel wag Saterdag by Interhoër

Hoërskool Nelspruit is Saterdag die trotse gasheer van die 72ste BUCO Laeveld Vriendskaplike Interhoër. Atlete van Penryn, Lowveld High, Hoërskool Barberton, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Bergvlam en Hoërskool Rob Ferreira sal sake op die baan en veld uitspook. Bywoning is beperk word tot 2 000 mense, en die skoolhoofde het besluit…
22 Feb 2022 6AM 1 min

Gesamentlike begrafnisdiens vir nege leerlinge gehou

‘n Gesamentlike begrafnisdiens sal Donderdag gehou word vir die nege laerskool leerlinge wat Woensdag dood verongeluk het in Mpumalanga. Die minibus waarin hulle op pad was huis toe van die skool af, het omgeslaan. Tien leerlinge is ook beseer en in die Elukwatini-hospitaal behandel. Almal was tussen vyf en 13…
22 Feb 2022 3AM 1 min

Pediatric Care se fietstoer vorder goed

Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-inisiatief vorder goed. Die motorfietsryers het Sondag uit Witrivier vertrek op die 7-duisend-kilometer rit. Dit is om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te kan voorsien. Dokter André Hattingh sê hulle het vanoggend die sowat 780 kilometer Alexanderbaai toe…
18 Feb 2022 5AM 1 min

Witrivier gerat vir Goldwagen Interlaer môre

Laerskool Witirvier bied Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira die Goldwagen Interlaer ateletiekbyeenkoms aan. Daar is ‘n beperking van 2-duisend op bywoning, maar alles word ook op DigiTV uitgesaai. Die atlete van Laerskole Witrivier, Barberton, Bergland, Laeveld, Lydenburg, Nelspruit en Nelspruit Primary sal sake op die baan en veld uitspook. Laerskool…
18 Feb 2022 4AM 1 min

Pumas vang gees voor katgeveg in Mbombela

Die Pumas speel Saterdag by Mbombela-stadion gasheer vir die Cheetahs in hul Curriebeker-kragmeting. As jy nog nie jou pienk ondersteunerstrui het nie, maak Vrydagmiddag ‘n draai by die piazza voor Doppio Zero by i'langa Mall. Nie net hou die spelers vanaf 3-uur af ‘n ontmoet-en-groet met die publiek nie, daar…
17 Feb 2022 7AM 1 min

Medelye vir agt gestorwe leerlinge

Agt laerskoolleerlinge is gistermiddag dood toe die minibus-taxi waarin hulle na skool op pad was huis toe, tussen Mayflower en Dundonald omgeslaan het. Sewe kinders is op die toneel dood en die agtste een in die hospitaal. Tien leerders het ligte tot ernstige beserings opgedoen en word in die Embuleni-hospitaal…
17 Feb 2022 3AM 1 min

Gesoekte verdagte in polsieaanhouding

‘n Man wat beskryf is as een van die mees gesoekte kriminele in Mpumalanga sal vandag in die hof verskyn in Bosbokrand en Dinsdag in Mkhuhlu. Die 21-jarige is Vrydag aangekeer en word verbind met verskeie misdade. Dit sluit in 14 moorde, verkragting en ontvoering, aanranding met die doel om…
14 Feb 2022 2AM 1 min

Barberton DBV sluit na 36 jaar sy deure

Die Barberton DBV sal na 36 jaar aan die einde van hierdie maand hul deure sluit. Hulle sê in ‘n verklaring hulle ly reeds ‘n maandelikse verlies en moet van perseel verander, maar het bloot nie die finansies om die verlangde omheining, dienste en hokke by ‘n nuwe perseel op…
11 Feb 2022 2AM 1 min

Vonnis vir reeksmoordenaar verwelkom

Die sogenaamde “Masoyi-monster” is vandag tot 150 jaar agter tralies gevonnis vir die moorde op vyf vroue wat hy in 2018 en 2019 gepleeg het. Die 24-jarige Julius Mndawe is tot lewenslank gevonnis vir elke moord, sowel as vyf jaar vir elke geval van regsverydeling. Hy het sy slagoffers verkrag…
10 Feb 2022 7AM 1 min

Vermeende rowers in Masoyi vasgetrek

Twee mans is gister gearresteer nadat hulle na bewering onderwysers by twee laerskole in Masoyi beroof het. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala het twee mans hulself Maandag as ouers voorgedoen om tot Mdumseni Primary toegang te verkry. Hulle het toe die onderwysers in die personeelkamer aangehou en van selfone, skootrekenaars…
10 Feb 2022 3AM 1 min

Drie vasgetrek binne ure van Mpumalanga-aanval

Drie verdagtes is binne ure aangekeer na hulle ‘n man gister in Ermelo gemartel en beroof het. Volgens die polisie is dié sukses te danke aan samewerkign tussen Acsu Sekuriteit en die polisie is Mpumalanga en Gauteng. Die 47-jarige slagoffer was op pad om ‘n kind skool toe te neem…
9 Feb 2022 5AM 1 min

Mbombela polisie-eenheid sonder vervoer gelaat

Die werksaamhede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Mbombela word ernstig gekniehalter deur ʼn tekort aan voertuie. Volgens die VF Plus se Werner Weber, het dié eenheid sedert die begin van die jaar slegs twee voertuie om vyf dorpe te bedien. Verlede week was daar weens…
9 Feb 2022 3AM 1 min

RFL is terug in 'n nuwe gedaante

Die Nelspruit Relay for Life is vanjaar terug en met ‘n nuwe baadjie aan. Na 15 jaar van deurnag stap, en twee jaar wat dit glad nie aangebied kon word nie, is die seremonie vanjaar heelwat korter. Riaan Loubser sê dit is deels te wyte aan Covid-19-regulasies. Dit vind op…
8 Feb 2022 6AM 1 min

Vier vas wat restaurant in I'langa Mall beroof

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in I’langa Mall beroof het. Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes. Die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak…
7 Feb 2022 5AM 1 min

Ons Winkel eersdaags in Barberton

Solidariteit Helpende Hand maak Vrydag Ons Winkel oop in Barberton. Rika Buck sê hulle is opgewonde om die baken, Greenstone Trading Post, as adres te kan hê. In die Laeveld is daar reeds Ons Winkels in Nelspruit en Witrivier, waar mense items kan skenk wat hulle nie meer ‘n nut…
7 Feb 2022 4AM 1 min

Makadamia Ekspo oortref verwagtinge

Die AmberMacs Makadamia Ekspo Vrydag en Saterdag net buite Witrivier het die organiseerders, bywonende boere en leweransiers se verwagtinge oortref. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die ekspo gereël het, sê dit was spesifiek op die makadamiabedryf gemik en het verskaffers ingesluit, asook kenners op die gebiede van alles van kunsmis…
7 Feb 2022 4AM 1 min
1160 – 1180