Pediatric Care Africa-fietsryers amper op pad huis toe

Loading player...
Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-fondsinsamelingsprojek staan al einde se kant toe.
Die motorfietsryers is op ‘n 7-duisend-kilometer rit om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te kan voorsien.
Hulle het vandag van Port St John’s na KwaZulu-Natal vertrek, en sal Saterdag terugkeer na Witrivier.
Dokter André Hattingh sê hulle het ongelooflike ondersteuning op die Tuinroete gehad: Saterdag by George en Sondag op pad Oos-Londen het hordes motorfietse by hulle aangesluit.
1 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min