Man sit 35 jaar na moord op ma van sy kind

Loading player...
‘n 35-jarige man is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Graskop 35 jaar tronkstraf opgelê vir die moord, in September 2020, op die ma van sy seun.
Brigadier Selvy Mohlala weerhou hul name om die kind se identiteit te beskerm.
Die 32-jarige vrou is die betrokke aand in Marite naby Bosbokrand doodgesteek en in bosse versteek.
Haar liggaam is twee dae later deur ‘n verbyganger gevind.
Die man was in besit van haar persoonlike items toe hy aangekeer is.
16 Mar 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min