Weer geen winterfees vir Innibos in 2022

Loading player...
Innibos het aangekondig dat die beste kunstefees in Suid-Afrika weens Covid-19 vanjaar nog nie na die formaat van voor die pandemie terug sal kan keer nie.
Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, sê daar word reeds beplan aan 'n baie groot fees vir 2023, maar huidige beperkings maak dit onwys om voort te gaan met 'n "gewone" fees vir die winter.
Vanjaar se program is aangepas om vanaf Maart elke maand 'n feesaanbieding te lewer. Dit bied optreegeleenthede aan kunstenaars, en geleenthede om die plaaslike ekonomie te stimuleer en ’n ondersteunende en opbouende rol in die plaaslike gemeenskap te speel.
Die program sal teen Maart-maand gefinaliseer word.
25 Feb 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min