Curro Nelspruit vier 10de jaar

Loading player...
Curro Nelspruit vier volgende week hul tiende jaar met ‘n weeklange fees.
Dit skop Maandag af met Frank Opperman se vertoning van “Donkie” en die kultuur “showcase” Dinsdagaand in die opgegradeerde saal met van die skool se oud sterre asook huidige talent.
Woensdag se stigtersdag sal deur die uitvoerende hoof van Curro Holdings, Andries Greyling, bygewoon word.
Curro Nelspruit hoof Nico Bronkhorst sê hulle vra altyd hoe hulle die leerlinge se talente beter kan ontwikkel.
Die talentvertoning is gratis, maar vooraf-bespreking is noodsaaklik. Besoek hierdie skakel: http://forms.office.com/r/wQr4xMDekc
10 Mar 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min