AfriForum se Nelspruit-tak maak natuurreservaat skoon

Loading player...
Die AfriForum-tak in Nelspruit het Donderdag in samewerking met Mbombela-munisipaliteit die park by die Steiltes Natuurreservaat se gras gesny en indringerplante uitgeroei.
Volgens Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, is die reservaat ‘n gewilde ontspanningsarea met veral gesogte bosloeries wat kranige voëlkykers daarheen lok.
Die munisipaliteit het die groter areas gesny terwyl AfriForum die ontspanningsareas, heinings en parkeerarea met bossiekappers skoongesny het.
Van Heerden sê dit is verblydend dat die parke-afdeling van die munisipaliteit steeds hul kant bring, ten spyte van uitdagings met arbeidskrag en hulpbronne.
7 Mar 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min