VF Plus sê Mbombela-munisipaliteit moet oorblywende DBV's ondersteun

Loading player...
Die VF Plus sê Mbombela-munisipaliteit moet dringend die geld oorbetaal wat hulle aan die DBV verskuldig is.
Freddy Robertson sê die munisipaliteit se gesloer om ʼn betalingsooreenkoms tussen hulle en die Laeveld DBV te eerbiedig het daartoe gelei dat die Barberton DBV einde Februarie sy deure moes sluit.
Dit plaas die oorblywende twee takke in Nelspruit en Witrivier onder groot druk om ook dienste te lewer aan die Umjindi-area.
Hy voer aan Mbombela het op 5 Augustus 2020 laas geld vir die 2018/19-finansiële jaar aan die DBV oorbetaal.
'n Bedrag van R3,2 miljoen is aan die DBV verskuldig vir die laaste twee finansiële jare.
Hulle sloer ook sedert Julie om die ooreenkoms te hernu waarvolgens die DBV skutte namens Mbombela bestuur.
8 Mar 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min