Church Unlimited neem nuwe gebou in gebruik

Loading player...
Church Unlimited het gister amptelik hul nuwe kerkgebou ingewy met ‘n aanbiddingsdiens.
Etienne Garnett-Bennett sê die gebou is aan die begin so ontwerp, maar net die helfte is aanvanklik gebou, Die ander helfte het sowat vyf jaar geneem omdat alles kontant gedoen is.
Met beperkings is daar tans 800 sitplekke, maar dit kan 1 500 mense akkomodeer.
Hulle beoog om dit beskikbaar te stel aan die gemeenskap vir gebruik.
28 Feb 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min