100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,803 Episodes
1020 – 1040

Oop Bok oefensessie in Hazyview vandag

Die Springbokke hou vandag 'n oop oefensessie by Laerskool Numbi in Hazyview, waar die span sedert Sondag voorberei vir hul kragmeting teen Nieu-Seeland volgende naweek. Die spanne speel op 6 Augustus by Mbombela-stadion die eerste van twee toetse op tuisbodem. Die sessie vandag is oop vir die publiek om by…
27 Jul 2022 5AM 1 min

Ondersoek na luiperd-video môre verwag

SANParke sal na verwagting môre die uitslag van hul ondersoek bekendmaak na ‘n video waarin mense die luiperd slaan wat op 17 Julie in die Krugerwildtuin van kant gemaak is aan die lig gekom het. ‘n Werknemer van SANParke is geskors. Die video is geneem terwyl die luiperdkarkas vir ‘n…
26 Jul 2022 7AM 1 min

Laeveldse beeldende kunstenaar stel boek bekend saam met Innibos

Die bekende plaaslike beeldende kunstenaar, Ilona Petzer, stel die naweek haar pas gepubliseerde boek, “Hartskos in die bos / Straatwys in Parys” saam met Innibos bekend. Annemarie van der Walt van Innibos sê die twee wêrelde van Europa en die Bosveld vind hierin neerslag in die kort essays en gedigte…
26 Jul 2022 7AM 1 min

Tronkstraf vir broers wat glo in mense handel

Die twee Mosambiekse broers wat saam met twee boere van Bethal tereg staan op aanklagte van mensehandel, is gevonnis tot drie maande gevangenisstraf of ‘n 5-duisend-Rand boete, vir oorteding van die Wet op Immigrasie. Carlos en Gabriel Guambe is Vrydag skuldig bevind. Kaptein Dineo Sekgotodi van die Valke sê die…
26 Jul 2022 6AM 1 min

Vrou weer aangekla van moord op bejaarde vrou in Mbombela in 2018

Die 51-jarige vrou wat in 2018 aangekeer is in verband met die moord op Hetta Potgieter in Macadamia-ouetehuis in Mbombela, word weer aangekla van haar moord sowel as roof. Die klagte teen die vrou is in 2021 teruggetrek weens onvoldoende bewyse, maar die Valke sê nuwe bewyse het aan die…
21 Jul 2022 6AM 1 min

Barberton Mines bou nuwe Kaapvallei-skool vir Mandeladag

Die leerlinge van Kaapvallei Primary in Umjindi het gister, ter viering van Mandela-dag, nuutgeboude skoolfasiliteite in gebruik geneem. Volgens die onderswysdepartement se Jasper Zwane is die skool se 423 leerders hoofsaaklik van die Sheba-area. Die vorige gebou het strukturele probleme gehad. Die nuwe gebou is ten waarde van 20-miljoen-Rand deur…
20 Jul 2022 6AM 1 min

Ses vas wat met lisensies konkel

Ses mense het Maandag in die hof vir kommersiële misdaad in Nelspruit verskyn, nadat hulle glo 60-miljoen-Rand van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid gesteel het. Vyf aangeklaagdes is voormalige werknemers van die departement en die sesde van die Mbombela-registrasiegesag. Volgens die Valke het hulle saam met vragmotoreienaars gekonkel om hul…
20 Jul 2022 6AM 1 min

Boer ry glo kinders om op sy plaas

'n 41-jarige man wat na bewering twee minderjariges met sy kar omgery het, en ‘n derde aangerand het, doen vandag aansoek om borgtog in die Ermelo-hof. Volgens kolonel Donald Mdhluli het Louis Johannes Grobler glo Vrydag die kinders van onderskeidelik 10, 11 en 13 jaar oud van diefstal beskuldig op…
20 Jul 2022 5AM 1 min

Stemmery open vir Dorp van die Jaar

Die stemme vir die Dorp van die Jaar-kompetisie het geopen en Pelgrimsrus is die Mpumalanga-finalis in hierdie landswye kompetisie. Om te stem, stuur 'n SMS met die dorp se naam na 33157. Elke selfoonnommer kan tot 30 keer stem. Stemlyne sluit Vrydag om 12:00 middag. Die woordvoerder vir die dorp,…
18 Jul 2022 9AM 1 min

Drie lyke in uitgebrande kar op plaas in Pienaar ontdek

Die polisie ondersoek drie sake van moord na die oorskot van drie mense Vrydag in ‘n uitgebrande voertuig gevind is op ‘n plaas in Pienaar buite Nelspruit. Volgens die polisie is hulle onherkenbaar verbrand. Kolonel Donald Mdhluli sê die Hyundai i10 is die middag deur ‘n plaaswerker ontdek. Een slagoffer…
18 Jul 2022 7AM 1 min

Voltydse patrollies tree in werking op die Numbi-pad

Hi-Tech Witrivier is aangestel om met twee voertuie en gewapende wagte vandaf vandag voltydse patrollies op die gedugte Numbi-pad te ry. Verskeie aanvalle is die afgelope ruk aangemeld op hierdie pad, veral op besoekers aan die Krugerwildtuin wat dié hek gebruik. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê dit word vir…
15 Jul 2022 4AM 1 min

Mbombela-stadion slaggereed vir vol stadion op 6 Augustus

Mbombela-stadion is hard aan die voorbereidings tref vir die All Black-toets op 6 Augustus teen die Springbokke. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, sê 12 parkeer- en rypunte is in plek, sowel as vermaak by die stadion, en planne om enige beurtkrag tydens die wedstryd die hoof te bied. Besoek die Radio Laeveld-toepassing…
13 Jul 2022 4AM 1 min

Vermeende ontvoerders nou ook aangekla van moord in Mkhuhlu

‘n Moordklagte is gevoeg teen vier verdagtes wat Donderdag in die hof in Mkhuhlu naby Bosbokrand aangekla is van ontvoering. Die 24-jarige Skhumbuzo Intelligent Sikhumbane is op 2 Julie deur sy familie in Calcutta as vermis aangegee. Hy is glo daarvan beskuldig dat hy ‘n laptop gesteel het. Volgens polisiewoordvoerder,…
13 Jul 2022 2AM 1 min

Twee aangekeer wat glo mediese student in Elukwatini vermoor

Twee verdagtes is aangekeer in verband met die moord op ‘n 26-jarige mediese student in Elukwatini. Wiseman Zwane was besig met sy opleiding aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy liggaam is verlede Woensdag met steekwonde in ‘n rivier in Nhlazatshe ontdek. ‘n 18-jarige het gister in verband met die…
12 Jul 2022 6AM 1 min

Eenjarige in been getref by begrafnis in Pienaar

‘n Eenjarige dogtertjie is Saterdag tydens ‘n begrafnis in Pienaar in die been geskiet. Volgens die polisie het sy in haar erf, wat langs die begrafplaas is, gespeel toe skote tydens die seremonie afgevuur is. Sy is in die hospitaal behandel. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord…
11 Jul 2022 5AM 1 min

Laeveld protesaksie: Dag 2 - KLCBT maak voorbrand vir weermagontplooiing

Met die afgelope twee dae se proteste het die Kruger-Laeveld-sakekamer bontgestaan om toeriste by te staan wie se reisplanne omvêr gewerp is. Agter die skerms fasiliteer hulle ook die ontplooiing van wetstoepassers van nabygeleë dorpe na areas wat in die Laeveld geraak word, en maak voorbrand vir die weemag om…
7 Jul 2022 8AM 1 min

Mpumalanga-vlugbalspelers blink uit in Stellenbosch

Die Mpumalanga-span keer terug van die Nasionale Skolesport-kampioenskappe wat hierdie week by die Universiteit van Stellenbosch aangebied is met twee goue medaljes. Die span het bestaan uit jong skaak-, netbal en vlugbalspelers. Die vlugbalspanne het met drie medaljes teruggekeer. Die seuns en dogters onder-17-spanne het goue medaljes verower en die…
7 Jul 2022 6AM 1 min

Mpumalangaspan neem deel aan Winterspele in Stellenbosch

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê hy het die volste vertroue in die span van die provinsie wat hierdie week deelneem aan die Nasionale Winterspele by die Universiteit van Stellenbosch. Die span bestaan uit skaak-, netbal en vlugbalspelers. Woordvoerder, Gerald Sambo:
4 Jul 2022 9AM 1 min

Twee tweelinge sterf in brand in Hendrina

Twee tweeling boeties en sussies is in die vroeë oggendure dood toe hul gehug in die Marikana informele nedersetting in Hendrina aan die brand geraak het. Hulle was onderskeidelik 13 en 8 jaar oud. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle is drie dae tevore deur hul ma in hul…
4 Jul 2022 5AM 1 min
1020 – 1040