Vermeende moordenaar van polisiebeampte doen more aansoek vir borg

Loading player...
Die Valke het die ondersoek na die moord op ‘n polisiebeampte in Pienaar oorgeneem. Die 45-jarige Sersant Mandlenkosi Happy Thwala was by Kabokweni gestasioneer. Hy is die aand van 2 Augustus verskeie kere in sy huis geskiet. Die 29-jarige Zanele Mkhonto het gister weer in die KaNyamazane-landdroshof verskyn op die klagte. Sy bly in aanhouding en verskyn weer môre in Kabokweni vir 'n borgaansoek, aldus Kaptein Dineo Sekgotodi.
11 Aug 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min