Vyfde verdagte aangekla in verband met moord op Hillary Gardee

Loading player...
'n Vyfde verdagte is aangekla in verband met die moord op Hillary Gardee in Mbombela. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die man, wat vandag in die hof verskyn, word aangekla van dwarsboming van die gereg.
Hy is met haar selfoon en skootrekenaar aan Gardee verbind. Die vierde verdagte, Rassie Nkuna, het gister in Kanyamazane verskyn vir die moord op twee ander vroue in Mei. Die saak is uitsgestel tot 6 September vir verdere ondersoek.
17 Aug 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min