Mannejag geloods na moord op Timbavati hoofveldwagter

Loading player...
Die polisie sê die motief vir die moord op Phindani Mzimba Dinsdagaand is nog onbekend.
Die 49-jarige veldwagterhoof by die Timbavati-private natuurreservaat is by sy huis in Edinburgh Trust naby Thulamahashe geskiet.
Brig. Selvy Mohlala sê sy vrou veg om haar lewe na sy in die maag geskiet is. Drie verdagtes het in ‘n wit VW Polo gevlug sonder om iets te steel. ‘n Grootskaalse soektog is deur die polisie van stapel gestuur.
29 Jul 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min