'n Voorval waartydens 'n graad 10-leerling aan Cebisa Sekondêr in Ermelo gister doodgesteek is, is deur die Mpumalanga onderwysdepartement veroordeel. Woordvoerder Gerald Sambo sê die seun is tydens pouse by die skool deur 'n lid van 'n opponerende bende gesteek. Hy het by die hospitaal aan sy wonde beswyk. Die…
'n Vyfde verdagte is aangekla in verband met die moord op Hillary Gardee in Mbombela. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die man, wat vandag in die hof verskyn, word aangekla van dwarsboming van die gereg. Hy is met haar selfoon en skootrekenaar aan Gardee verbind. Die vierde verdagte, Rassie Nkuna,…
Die Mpumalanga onderwysdepartement sê hulle sal maatreëls verskerp om die gebruik van tablette wat aan matrikulante uitgedeel is as studietoestelle te monitor. Dit volg op berigte dat die ouers van graad 12 leerlinge aan Masana Sekondëre Skool hul kinders betrap het dat dit hulle tablette gebruik om toegang te verkry…
Die vierde man wat aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee het vandag in die Delmas-landdroshof verskyn op klagte dat hy verlede Saterdag sy vriendin in Sundra ontvoer, beroof en vermoor het. Hlabirwa Rassie Nkune word ook aangekla van die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en die…
Die DA in Mpumalanga het die Openbare Beskermer gevra om beweerde tenderonreëlmatighede te ondersoek in die Mpumalanga agentskap vir Ekonomiese Groei - ook bekand as Mega. Bosman Grobler sê 'n kartel is betrokke by die toekennings van die kontrak waarvolgens Mega oor die volgende 10 jaar sowat 185-miljoen-Rand sal spandeer…
‘n Transitorower wat reeds ‘n lewenslange vonnis uitdien, is die week ‘n addisionele 25 jaar gevangenisstraf opgelê. David Thabo Dube was agter tralies vir ‘n transitoroof wat in Oktober 2017 in Klerksdorp uitgevoer is, toe die Valke hom deur sy vingerafdrukke gekoppel het aan ‘n roof op ‘n geldwa in…
Vyf mense is dood in ‘n ongeluk op die N4 naby Ngodwana vanoggend toe ‘n Volkswagen Polo teen die kant van ‘n konstruksie-vragmotor gebots en omgeslaan het. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, is al vyf insittendes op slag dood. ‘n Kind en twee vroue tel onder die oorledenes…
Die Valke het die ondersoek na die moord op ‘n polisiebeampte in Pienaar oorgeneem. Die 45-jarige Sersant Mandlenkosi Happy Thwala was by Kabokweni gestasioneer. Hy is die aand van 2 Augustus verskeie kere in sy huis geskiet. Die 29-jarige Zanele Mkhonto het gister weer in die KaNyamazane-landdroshof verskyn op die…
Die hoofveldwagter van die Krugerwildtuin, Cathy Dreyer, sê hulle het weens die Covid-19-pandemie en inperkings die afgelope twee jaar sowat 70% van hul operasionele begroting verloor. “Ons moet ons eie fondse genereer, maar ons is bewaarders, nie bemarkers nie,” sê sy. Hulle befonds hul program om rensoters in die NKW…
Mpumalanga vier môre Vrouedag in Balfour. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane sal die hoofrede lewer oor die provinsiale regering se ekonomiese herleweingsinisiatiewe en maatreëls teen die hoë voorkoms van geslagsgebaseerde geweld in Mpumalanga. Vanjaar is die Vrouedagtema die sosio-ekonomiese regte en bemagtiging van vroue vir verbeterde veerkragtigheid. Die premier se woordvoerder, Sibongile…
Stakende munisipale werkers van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit het die afgelope paar dae vullis en rommel in die strate van Mbombela gestrooi aan die vooraand van die Springbokke se rugbywedstryd teen die All Blacks. Intussen stroom plaaslike en internasionale besoekers na die dorp vir die wedstryd môre in die Mbombela-stadion in…
Sestig buspassasiers is vanoggend beseer in ‘n ongeluk in Mbombela op die R37/Lydenburg-ringpad tussen Mbombela-stadion en Riverside. Volgens Emer-G-Med het dit om ongeveer 07:00 gebeur. Die bus het van die pad af gery en omgeslaan. Volgens Kyle van Reenen wissel die pasiënte se beserings van lig tot matig en is…
Springbok-afrigter Jacques Nienaber het drie veranderinge gemaak aan die beginspan Saterdag teen Nieu-Seeland in Mbombela. Die span is vanmiddag tydens 'n perskonferensie by Enmotweni aangekondig. Faf de Klerk begin op skrumskakel en sal met Jaden Hendrikse roteer. Cheslin Kolbe se gebreekte kakebeen is die enigste verandering weens ‘n besering. Kurt-Lee…
Springbok-afrigter Jacques Nienaber het drie veranderinge gemaak aan die beginspan Saterdag teen Nieu-Seeland in Mbombela. Die span is vanmiddag tydens 'n perskonferensie by Enmotweni aangekondig. Malcolm Marx sal Saterdag sy 50ste Boktoets speel. Hy vervang Bongi Mbonambi op haker.
Die Valke is op soek na ‘n vyfde verdagte in verband met die kaping en moord verlede naweek van ‘n verkeersbeampte Victor Thabo Mashego. Vier mense is reeds aangekeer in die besit van sy geroofde Polo in Bosbokrand. Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi is daar op hom en sy twee passasiers…
Die DA in Mpumalanga het ‘n dringende skrywe gerig aan die LUR vir samewerkende regering, Mandla Ndlovu, om te vra dat hy ingryp sodat ‘n nuwe burgemeester dringend in Nkomazi-munisipaliteit verkies word. Trudie Grovè-Morgan sê die munisipaliteit is sedert Maart sonder ‘n burgemeester toe Johan Mkhatshwa - saam met die…
Die polisie sê die motief vir die moord op Phindani Mzimba Dinsdagaand is nog onbekend. Die 49-jarige veldwagterhoof by die Timbavati-private natuurreservaat is by sy huis in Edinburgh Trust naby Thulamahashe geskiet. Brig. Selvy Mohlala sê sy vrou veg om haar lewe na sy in die maag geskiet is. Drie…
SANParke het aan hul vier werknemers wat betrek word by 'n video waarin 'n dooie luiperd in die Krugerwildtuin geslaan word, finale geskrewe waarskuwings gerig. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê van hulle het geen vorige oortredings nie, maar weens die erns van die saak en die reputasieskade wat aangerig is deur…
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê die span is met ope arms ontvang in die Laeveld waar hulle tans voorberei vir hul Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Mbombela volgende Saterdag. Hy het tydens ‘n perskonferensie gepraat gister na die Bokke se oop oefening by Laerskool Numbi in Hazyview.
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê hulle verwag ‘n taai stryd vir volgende naweek se Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Mbombela. Hy het tydens ‘n perskonferensie gister, na die span se oop oefening in Hazyview, gesê beide spanne is onder druk, maar het baie om voor te speel.
28 Jul 2022 6AM
1 min
1000 – 1020
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.