Vyf verdagtes vasgetrek na sakeroof

Loading player...
Vyf verdagtes is gistermiddag aangekeer kort nadat hulle 'n Pick 'n Pay in Piet Retief beroof het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle werknemers met vet vuurwapens gedreig en met kontant en ander items in 'n Jetta gevlug.
Die voertuig is kort daarna op die N12 naby Piet Retief opgespoor met vier insittendes. Drie vuurwapens is ook gevind. inligting het na 'n vyfde verdagte gelei. Hulle sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
2 Sep 2022 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min