N4 tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane gesluit weens ‘n botsing tussen twee vr

Loading player...
Die N4-tolroete tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane is tans gesluit weens ‘n botsing reg van voor tussen twee vragmotors wat steenkool vervoer het. Volgens Emer-G-Med het een van die vragmotors aan die brand geslaan. Die manlike bestuurder is op die toneel dood verklaar. Die ander bestuurder is lig beseer. In ‘n sekondêre ongeluk het ‘n voertuig teen die vragmotors vasgery. Vier volwasse insittendes is matig beseer en hospitaal toe geneem vir verdere behandeling. Motoriste wat na en van Malelane reis word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.
29 Aug 2022 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min