Polisie maak deurbraak met vermeende kapingsindikaat

Loading player...
Die polisie het 'n deurbraak gemaak deur gister vyf mans aan te keer wat na vermoede verbind word met 'n kapingssindikaat. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala is almal tussen 16 en 48 jaar oud.
Hulle het gister laatmiddag en vroegoggend toegeslaan op 'n perseel in Kwamhlanga na 'n opsoringsmaatskappy 'n sleepwa wat Vrydag in Boksburg gekaap is daarheen nagespoor het.
Verskeie sleepwaens wat na vermoede gesteel is sowel as gesteelde goedere is op die perseel aangetref.
Mohlala sê hulle sal aangekla word van die besit van gesteelde goedere en die polisie ondersoek of hulle met ander kapings, rowe en ontvoerings verbind kan word.
13 Sep 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min