Die polisie in Mpumalanga ondersoek 'n brand wat vroeg gisteroggend by die munisipale geboue in Bosbokrand ontstaan het. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê verskeie kantore is beskadig voor die brandweer die vuur kon blus. Hy sê bierbottels met watte in is op die toneel gekonfiskeer.
Drie munisipale werknemers is vanoggend deur die Valke aangekeer by onderskeidelik Mbombela-munisipaliteit en die verkeersdepartemente in Nelspruit en Witrivier. Volgens die woordvoerder vir die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, was dit ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke en die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) van Gauteng. Die drie sal na verwagting môre…
Die polisie het 'n deurbraak gemaak deur gister vyf mans aan te keer wat na vermoede verbind word met 'n kapingssindikaat. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala is almal tussen 16 en 48 jaar oud. Hulle het gister laatmiddag en vroegoggend toegeslaan op 'n perseel in Kwamhlanga na 'n opsoringsmaatskappy 'n…
Die DA het die Ouditeur-generaal om die kantoor van die Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, te ondersoek met betrekking tot die Jeugontwikkelingsfonds. Bosman Grobler sê die derde kwartaalverslag van 2021/22 toon dat haar kantoor 0% spandeer het van die fondse teen Desember verlede jaar. 43-miljoen-Rand daarvan is aan die Mpumalanga ekonomiese groei-agentskap…
‘n WhatsApp-lyn waar mense kan aanmeld presies waar hulle geraas ervaar sal eersdaags bekendgestel word deur die Kruger-Laeveld-sakekamer in 'n poging om die oorsprong presies te kan bepaal. Linda Grimbeek van die KLCBT sê kuierplekke is al beboet en die hernuwing van die dranklisensies van gewoonte-oortreders sal opponeer, word, sowel…
Die getal renosters in die Krugerwildtuin staan tans op 2-duisend-458, ‘n afname vanaf die 2-duisend-809 wat aan die einde van 2020 nog in die park aanwesig was. Die jongste syfers is gister op ‘n parlementêre vraag van die DA deur die departement van Bosbou, Visserye, en Omgewingsake onthul. Die DA…
‘n 32-jarige man is onder polisiebewaking in die hospitaal, na sy 17-jarige vriendin en haar ouma gister in Emadamini, naby Ermelo, dood gevind is in hul huis. Beide het kopbeserings en verskeie kneusplekke gehad en was bedek met komberse. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het gemeenskapslede die kleindogter se vriend…
Twee buurmanne in Boschfontein buite Schoemansdal is in die vroeë oggendure in die hospitaal dood, nadat hulle glo in ‘n geweldadige bakleiery met mekaar betrokke was. Volgens die polisie het die een man kneusplekke aan sy gesig sowel as ‘n gebreekte kakebeen en hand gehad, en die ander een was…
Vyf verdagtes is gistermiddag aangekeer kort nadat hulle 'n Pick 'n Pay in Piet Retief beroof het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle werknemers met vet vuurwapens gedreig en met kontant en ander items in 'n Jetta gevlug. Die voertuig is kort daarna op die N12 naby Piet Retief opgespoor…
Die Innibos-teaterweek het afgeskop. Die komedie “Hans steek die Rubicon oor” maak sy debuut by die fees. “Plesierengel” is uit die pen van Leon Nierop. Akteur Ruan Wessels vertel wat die gehoor van dié eenmanstuk kan verwag.
Die DA in Mpumalanga het die arrestasie verwelkom van Theron Shongwe. Die voormalige stadsbestuurder van Msukalikwa-munisipaliteit het Maandag saam met twee medepligtiges in die Ermelo-hof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die wet op openbare finansiële bestuur. Shongwe is in Julie aangestel as die finansiële hoof in…
‘n Reeksverkragter is vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela drie lewenslange vonnise opgelê. Thokozani Mazibuko het by drie geleenthede in 2013 by huise in Nkomazi ingebreek en twee tieners en ‘n jong vrou verkrag. Die vierde slagoffer is in Januarie 2017 op straat aangeval. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala sê…
Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het die afgelope week vyf nuwe tweerigtingradio’s in gebruik geneem wat die loods van veiligheidsoperasies in die dorp sal vergemaklik. Arlo van Heerden, distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê swak sein en ontoeganklike terrein maak dit vir buurtwaglede moeilik om tydens patrollering met ander buurtwaglede te kommunikeer…
Vier verdagtes is gister op die R40 in Dwarsloop buite Bosbokrand aangekeer nadat die polisie op 'n wenk reageer het dat hulle onwettige vuurwapens in hul besit het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala is twee handwapens sonder reeksnommers sowel as 33 rondes ammunisie in hul besit gevind. Polisiekommissaris luit. gen. Semakaleng…
Die DA het die Groen Skerpioene gevra om ondersoek in te stel na waterkwaliteit na die jongste groendruppel verslae bekend gemaak is. Volgens Trudie Grovè-Morgan toon dit dat geen plaaslike owerheid in Mpumalanga riool na wense beheer nie.
Die N4-tolroete tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane is tans gesluit weens ‘n botsing reg van voor tussen twee vragmotors wat steenkool vervoer het. Volgens Emer-G-Med het een van die vragmotors aan die brand geslaan. Die manlike bestuurder is op die toneel dood verklaar. Die ander bestuurder is lig beseer. In…
‘n Tronkbewaarder sal binnekort in die hof verskyn in Belfast, op klagte van die onwettige besit van dagga. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is die 43-jarige vrou Vrydag by die werk aangekeer. Sy het glo haar handsak weggesteek toe 'n deursoek van beamptes tydens die oggendparade aangekondig is. Daar was…
Die gesamentlike operasionele bevel van Laeveld sekuriteitsmaatskappye en ander rolspelers is op ‘n hoë vlak van gereedheid vir die beplande landwye staking môre. Die vakbonde Cosatu en Saftu het dit uitgeroep uit protes teen stygende lewenskoste. John Meintjes sê dit is onmoontlik om te voorspel presies hoe die Laeveld daardeur…
Die Laeveld gesamentlike operasionele bevel is op hoë gereedheid vir die beplande landswye staking môre. Frank Swanepoel, besturende direkteur van Hi-Tech Sekuriteit, dit is onmoontlik om te voorspel presies hoe die Laeveld daardeur geraak sal word, maar dat die gesamentlike operasionele bevel die situasie monitor.
Die eerste rugbyspan van Hoërskool Nelspruit speel Saterdag tuis hul halfeindronde vir die plaat in afdeling een van die Noordvaal-liga. Hennie Skorbinski, direkteur van rugby, sê die Rhinos se eerste-, tweede- en derdespanne is sover die seisoen onoorwonne. Die onder 15's speel hul halfeindronde weg teen Middelburg en die onder…
17 Aug 2022 6AM
1 min
980 – 1000
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.