Krugerwildtuin maak vordering in oorlog teen stroping

Loading player...
Die hoofveldwagter van die Krugerwildtuin, Cathy Dreyer, sê hulle het weens die Covid-19-pandemie en inperkings die afgelope twee jaar sowat 70% van hul operasionele begroting verloor.
“Ons moet ons eie fondse genereer, maar ons is bewaarders, nie bemarkers nie,” sê sy. Hulle befonds hul program om rensoters in die NKW te onthoring deur gaste-ervarings waar mense groot bedrae geld betaal om deel te wees van ‘n operasie.
Dit is een van die wapens in hul aresenaal teen stroping.
Daar sou baie meer as 82 gestroop gewees het as ons nie alles gedoen het wat ons doen nie. Daar is nog goeie mense, nie almal van ons is betrokke nie, nie almal is korrup nie.”
10 Aug 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min