N4-ongeluk eis vyf lewens

Loading player...
Vyf mense is dood in ‘n ongeluk op die N4 naby Ngodwana vanoggend toe ‘n Volkswagen Polo teen die kant van ‘n konstruksie-vragmotor gebots en omgeslaan het. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, is al vyf insittendes op slag dood. ‘n Kind en twee vroue tel onder die oorledenes. ‘n Isuzu-bakkie het daarna ook in die vragmotor vasgery en sy bestuurder is lig beseer. Woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
11 Aug 2022 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min