Drie vermeende stropers verskyn vandag in die hof in Bosbokrand. Hulle is Vrydag in die Krugerwildtuin vasgetrek toe ‘n besoeker aan die park geweerskote gerapporteer het. ‘n Helikopter is ontplooi en die drie mans is in besit van drie renosterhorings sowel as ‘n jaggeweer met ‘n knaldemper gevind. Die karkasse…
Die onder-13 Puma-spanne het die afgelope week uitstekend presteer by die Craven week wat by Hoërskool Monument in Krugersdorp aangebied is. Spanbestuurder, Alex Jonker, sê die A-span se oorwinning oor die Griekwas gister was hul derde wen in 'n ry by die week, die eerste keer dat die Mpumalanga-span dit…
Curro Nelspruit bring op die 21ste en 22ste van volgende maand die pantomime "Cinderella" op die planke by hul Sycamore-teater in Mbombela. Volgens drama-afrigter, Nicola Brits, is mense uitgehonger vir die kunste.
'n Nuut gepubliseerde boek, "Rhino Wars" vertel die aangrypende verhaal van SANParke se oorlog teen renosterstropery in die Krugerwildtuin uit die oogpunt van generaal Johan Jooste, wat die poging van stapel gestuur het. Skrywer Tony Park sê hoewel dit lees soos 'n riller, is alles waar.
Die Onderwysdepartement in Mpumalanga sal tot Vrydag deur 685 koorlede verteenwoordig word op die ABC Motsepe Suid-Afrikaanse Skoolkoor-Eisteddfod. Die Departement van Basiese Onderwys bied dit by die Rhema Bybelkerk in Randburg aan. 'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê hierdie geleentheid is sedert 2016 die belangrikste kulturele gebeurtenis op…
Mbombela-stadion verwag om binne die volgende twee weke alle kaartjies na die Springboktoets teen die All Blacks uit te verkoop. Die wedstryd is op 6 Augustus. Stadion-bestuurder, Roelf Kotze, sê hy verwag ‘n vol stadion. Slegs van die R1 000 kategorie-kaartjies is nog beskikbaar. Hy raai plaaslike inwoners aan om…
Pelgrimsrus is aangewys as die Mpumalanga-finalis in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie. Leona Oosthuizen sê dit beteken baie vir hierdie toeristedorp, die enigste lewende museum in die land. Boonop word die dorp volgende jaar 150 jaar oud, en word die Internasionale Goudpan-kampioenskappe hier aangebied. Sodra die finalis is elke…
Winterklasse skop vandag af vir sowat 25-duisend graad 12-leerlinge in Mpumalanga. Die onderwysdepartement bied die klasse in 135 sentrums aan vir leerlinge aan skole wat ‘n matriekslaagsyfer van minder as 70-persent behaal het in 2021. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, is onderwysers met uitstekende rekords gekies om…
Intussen stroom gelukwensings in vir die span. Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, beskryf dit as ‘n oorwinning vir inwoners van die provinsie en rugby. Volgens die VF Plus dien dit as ‘n bewys dat die krag van sport nooit onderskat kan word nie.
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat provinsiale regeringsdepartemente meer as 800-miljoen-Rand in opgehoopte rekeninge van die vorige boekjaar oorgedra het. Volgens Bosman Grobler sal dit hul vermoë belemmer om in die huidige boekjaar, wat in April afgeskop het, dienste te lewer. Die departemente van onderwys en gesondheid skuld die…
Die Pumas-span is vanoggend luidrugtig deur ondersteuners afgesien by Mbombela-stadion onderweg na Kimberley waar hulle môre teen die Griekwas speel in hul eerste Curriebeker-einstryd ooit. Afrigter, MJ Mentz, sê hoop om die beker huis toe te bring.
Die 40-jarige Hendrick Nicholas Janse van Rensburg is gister twee lewenslange vonnisse opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Jy het in Oktober 2019 die 20-jarige Andiswa Zitha met ‘n houtlepel verkrag en by Mjejane naby Komatipoort agtergelaat. Sy is die volgende dag in Tonga-hospitaal aan haar beserings dood. Janse van…
Die DA in Mpumalanga het 'n skrywe gerig aan die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, om te vra dat haar departement ophou om aan al hoe minder inwoners van die provinsie voedselhulp voorsien. Jane Sithole soveel mense is werkloos, en met stygende pryse, het meer mense eerder hulp nodig…
Die DA se Jane Sithole het vanoggend 'n beroep gedoen op 'n vaardigheids-oudit in plaaslike munisipaliteite in Mpumalanga. Sy het gepraat tydens die sitting in die wetgewer waartydens die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, haar begroting vir die huidige finansiële jaar ter tafel gelê het.
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend haar begroting aan die wetgewer voorgelê. "SA Connect" teiken toegang tot breëband-internet vir 80% van alle gemeenskappe binne die volgende drie jaar.
Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend haar begroting vir die huidige boekjaar aan die wetgewer in Mbombela voorgelê vir goedkeuring. Die Jeug Ontwikkelingsfonds is reeds op die been gebring om werkloosheid onder die jeug in die provinsie teen te werk, deur geld te bewillig vir hul ondernemings. 'n…
Die Valke in Mpumalanga is op soek na Kagiso Ronny Maboa (38), ‘n amptenaar van Binnelandse sake in Mpumalanga. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het hy na bewering vir ‘n man van Pakistan gewerk om aan buitelanders Suid-Afrikaanse paspoorte uit te reik. Hy word verdink van bedrog, korrupsie en oortreding van…
Vandag is Internasionale Bloedskenkersdag om bloedskenkers te vier en voornemende en huidige skenkers te nooi om bloed te skenk – en sodoende tallose lewens te help red. Om te begin, moet jy ten minste 50 kg weeg en 16 jaar oud wees. Lebo Matsimbi van die Laeveld-tak van die Suid-Afrikaanse…
Drie spanne spook dit vandag uit vir die laaste twee plekke in die top vier van die Curriebeker punteleer. Die Bulle en Cheetahs sal Saterdag bepaal wie eindig in eerste en tweede plek. 'n Wen vanaand op Mbombela-stadion sal genoeg wees vir die Griekwas om derde te eindig op die…
‘n 21-jarige man wat aan verskeie gevalle van moor den verkragting gekoppel word, verskyn na verwagting vandag in die hof in Piet Retief. Nhlanhla Shabangu sal vir borgtog aansoek doen. Hy is vroeg verlede maand in Dirkiesdorp aangekeer, na ‘n vrou se liggaam in die area gevind is. Volgens die…
9 Jun 2022 6AM
1 min
1040 – 1060
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.