Eenjarige in been getref by begrafnis in Pienaar

Loading player...
‘n Eenjarige dogtertjie is Saterdag tydens ‘n begrafnis in Pienaar in die been geskiet. Volgens die polisie het sy in haar erf, wat langs die begrafplaas is, gespeel toe skote tydens die seremonie afgevuur is.
Sy is in die hospitaal behandel. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord. Enigiemand met inligting is gevra om dit met hulle te deel by 08600-10111. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het by monde van Kolonel Donald Mdhluli te velde getrek teen die gebruik van vuurwapens by begrafnisse.
11 Jul 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min