Twee tweelinge sterf in brand in Hendrina

Loading player...
Twee tweeling boeties en sussies is in die vroeë oggendure dood toe hul gehug in die Marikana informele nedersetting in Hendrina aan die brand geraak het. Hulle was onderskeidelik 13 en 8 jaar oud. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle is drie dae tevore deur hul ma in hul 17-jarige boetie se sorg gelaat. Daar word vermoed dat ‘n onwettige elektriese aansluiting die brand kon veroorsaak het. Dit word ondersoek. Beide hul ma en oorlewende boetie is na ‘n hospitaal in Middelburg geneem vir behanldeing vir skok.
4 Jul 2022 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min