Ondersoek na luiperd-video môre verwag

Loading player...
SANParke sal na verwagting môre die uitslag van hul ondersoek bekendmaak na ‘n video waarin mense die luiperd slaan wat op 17 Julie in die Krugerwildtuin van kant gemaak is aan die lig gekom het. ‘n Werknemer van SANParke is geskors.
Die video is geneem terwyl die luiperdkarkas vir ‘n nadoodse ondersoek geneem is. Die dier is vank kant gemaak na ‘n werknemer in die Shalati-konsessie aangeval is.
Volgens Ike Phaahla is vier van die nege mense hul eie werknemers, drie werk vir konsessies binne die wildtuin. Die een wat die slaanwerk gedoen het, was ‘n besoeker.
26 Jul 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min