Laeveldse beeldende kunstenaar stel boek bekend saam met Innibos

Loading player...
Die bekende plaaslike beeldende kunstenaar, Ilona Petzer, stel die naweek haar pas gepubliseerde boek, “Hartskos in die bos / Straatwys in Parys” saam met Innibos bekend.
Annemarie van der Walt van Innibos sê die twee wêrelde van Europa en die Bosveld vind hierin neerslag in die kort essays en gedigte en kunstenaarswerke.
Dis is Saterdag om 14:30 by die Damhuis Kutsaga op die Friedenheim-plaas langs die Universiteit van Mpumalanga. RSVP by 083-289-3823 om die gratis bekendstelling by te woon.
26 Jul 2022 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Callum Ormiston wen die 2026-Afrika-padfietsrykampioenskap

Callum Ormiston het die titel in die mans-elite-padwedren by die 2026 CAC Afrika-padfietsrykampioenskappe verower, na hy die roete van 153 km in drie uur, 44 minute en twee sekondes voltooi het. Megan Botha (o.23) het 'n silwermedalje ingepalm. Hulle gesels met die Middag Game Drive.
29 Oct 10AM 10 min

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min