Luister dié podsending om te hoor wat skole te doen staan as die departement nie wil help met gebrekkige infratsruktuur nie. Ons gesels ook oor die belang van moedertaalonderrig.
Om van die Boeddhistiese erfenis van Mianmar af te wyk word met agterdog beskou en kan potensieel gevaarlik wees. Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure, het weer by Maroela Media se ateljee kom kuier en twee aangrypende getuienisse van Christene uit Mianmar gedeel.
Fanie Viljoen het ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak en met Christa Steyn gesels oor sukses, skrywersblok en sy nuutste boek, Offers vir vlieë.
Eliam en sy vriende is op pad na die Front om in die oorlog te veg waarvoor hulle al van kleins af brutale opleiding ontvang. Offers vir die vlieë is 'n distopiese jongvolwasseverhaal wat temas soos brutaliteit, geweld, marteling, vernedering, ook ’n verlies van die self en ’n eie identiteit,…
“Dit gaan oor daardie oomblik wat jy net nie wil hê moet verbygaan nie, en dié liedjie vra vir die laaste keer: ‘Asseblief, moenie dat hierdie oomblik weggaan nie’.”
Ds. Deon van der Berg spring op 12 Maart manalleen op sy fiets om 'n 2 200 km-toer van Beitbrug, die grenspos tussen Zimbabwe en Suid-Afrika, tot by die parlement in Kaapstad aan te pak. Maroela Media het met Deon en Charmaine van Beginet gesels oor wat hulle beoog met die Let’s…
Dié groetvorm in N/uu vorm deel van die praatwoordeboek en is goedgunstig deur Briza Publikasies aan Maroela Media beskikbaar gestel. Dit is die stem van Ouma Katrina en word gebruik wanneer ʼn persoon in die oggend, middag of aand gegroet word. Dit kan ook gebruik word wanneer jy vir iemand…
Pierre Nel het ’n draai in Maroela Media se ateljee gemaak en met Esté Meyer Jansen gesels oor sy jongste musiekvideo "Mis jou". Nel het ook verklap vir watter mediese prosedure hý die skrikkerigste is. Kom maak 'n draai op Maroela se webwerf om die musiekvideo te sien.
Jan Gouws van Geopende Deure het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor hoe lesers en luisteraars vervolgde Christene wêreldwyd kan ondersteun.
Maroela Media het met Dylan Lee, die redakteur, Zander van der Merwe, adjunkredakteur van sport, en Waldo Pienaar, adjunkredakteur van kultuur, gesels om uit te vind hoe die seuns oor die toekoms voel en die vooruitsigte vir die jaar wat voorlê.
“Ek het besluit om ʼn tree terug te gee en weg te beweeg van groot produksies af. Die hele gedagte is om dit eenvoudig aan te bied, soos toe dit net ek, my musiek en my kitaar was, sodat dit kan aansluit by die tema van my album.”
Carien Bloem, koördineerder van onderwys by AfriForum en Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, gesels oor die onderwysgebeure in Januarie. Hierdie maand gesels ons oor leerdersterftes en uitdagings rondom die plasing van leerders in skole.
“Daar was al ooms wat my kom uittrap het in die Spar oor Irma Humpel van ‘Vir die voëls’ so kwaai is. Maar ek dink René kry definitief die meeste raas.”
Danie du Toit is bekend daarvoor dat hy met woorde kan toor in talle bekende Spoegwolf-liedjies soos “Lenie Blou”, “Geel” en “Bittermaan”, maar nou stel Danie, oftewel Reënwolf, ook ʼn digbundel genaamd Warmer voor die Tuimeldroër bekend.
4 Feb 2020
7 min
900 – 920
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.