Dr. Kobus Neethling, Suid-Afrika se eie kreatiwiteitskenner, meen Suid-Afrikaners het sedert die instelling van afsondering hul kreatiewe denkspiere gerek en veel meer innoverend gedink as wat hulle hulself krediet voor gee. Neethling het met Maroela Media gesels oor kreatiwiteit en innovasie in die Covid-19-pandemie.
Jan Gouws het met Esté Meyer Jansen van Maroela Media oor Skype gesels oor die Covid-19-pandemie se impak op Christene in lande waar hulle geloof nie verwelkom word nie, of selfs vervolg word. Hy het ook verduidelik hoe Christene mekaar in hierdie onseker tyd in hul geloof kan ondersteun.
Tommy Dickson, oftewel Toks ʼn Tjops se Sjef Vaatjie sit allesbehalwe stil tydens inperking. Hy is hard aan die werk in die kombuis en om die braaivleisvuur, en ook op die isolasie-weergawe van Toks ’n Tjops.
Henru Krüger, die Solidariteit beroepsgilde se sektorhoof vir professionele beroepe, het met Maroela Media gesels oor die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns en die SA Docters App se samewerking. Dié slimfoon-app help pasiënte om binne sekondes die naaste mediese praktisyn op te spoor en verskaf ook nou bykomende mediese inligting oor Covid-19.
Andriëtte Norman het die afgelope vyf jaar twee kinders gehad, probleme met haar stem ondervind en ’n maatskappy begin wat geleenthede reël. Sy gesels vandag met Maroela Media oor hoe dit voel om haar stem uiteindelik terug te hê.
"God se smokkelaar", die ware verhaal van Broer Andrew se sendingwerk agter die Ystergordyn, is nou ook uiteindelik in Afrikaans beskikbaar. Jan Gouws, uitvoerende direkteur van Geopende Deure, het per Skype met Esté Meyer Jansen oor dié boek gesels.
Maroela Media het met Rianette Leibowitz per Skype gesels oor verantwoordelike digitale burgerskap. Sy het ook raad en wenke uit haar boek "Maak jou kind skermslim" gedeel in die tydperk van algehele afsondering waar gesinne nou waarskynlik meer tyd aanlyn gaan spandeer.
Luan Jacobs en Maryka Roux het ʼn draai in Maroela Media se ateljee gemaak en met Christa Steyn gesels oor Unapologetically me. Dié produksie wil mense aanmoedig om hulself te wees.
Andre Cilliers, wisselkoersrisikostrateeg van TreasuryOne, verduidelik wat het met markte gebeur gedurende naweek en vroeg Maandagoggend. Die gebeur word nou wyd as ’n soort Swart Maandag vir die internasionale markte en die rand beskryf.
Kwaggabees het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor sy musiek. Hy het die persoonlike verhaal gedeel agter sy jongste twee enkelsnitte wat hy spesiaal vir sy eie seuntjie geskryf het.
Prof. Herman Bodenstein, ’n opvoedkundige sielkundige, het met Maroela Media gesels oor avontuurkampe. Bodenstein meen die kampe gaan in die toekoms al hoe belangriker word en dat die kollig wat daar nou op die kampe val, ’n geleentheid is vir eienaars en bestuurders van dié geriewe om te dink hoe…
Afrikaanse kinders het geslagte lank met die kinderliedjie “Die lappop” grootgeword en nou, te danke aan die groep Tussen Sterre, het dié liedjie ʼn nuwe baadjie gekry in ʼn verwerkte weergawe wat pas uitgereik is. Tussen Sterre het in Maroela Media se ateljee ʼn draai gemaak. Die manne het gesels…
“Die oomblik wat jy aanvaar hierdie gaan moeilik wees, is ook die oomblik waarin alles makliker word.” So gesels die Suid-Afrikaans gebore ontdekkingsreisiger Mike Horn oor die geestelike voorbereiding wat hy moes doen vir sy reis van 5 100 kilometer oor die ysbedekte vasteland van Antarktika. Horn het met Esté Meyer…
5 Mar 2020
11 min
880 – 900
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.