Heuningfees is vertoonvenster vir byeboerdery

Loading player...
In Rustenburg is daar ʼn groep byeboere wat hulle nou beywer om die Stedelike Bye-gilde landswyd uit te brei. Die gilde se idee is om hulp en ondersteuning te bied aan kleinskaalse beginnerbyeboere en stadbewoners wat met heuning, byewas en propolis (bye-gom) wil boer. Hennie Oberholzer het met Maroela Media gesels oor die Stedelike Bye-gilde en die Heuningfees wat die gilde van 21 tot 28 November in die dorp aanbied. Hy het ook meer vertel oor die produksiepotensiaal van ʼn kleinskaalse byeboerdery in ʼn dorpgebied.
20 Nov 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

Afghaanse vrou: ‘Ek het die God gevind wat my raaksien’

Haar man is geskiet, haar vriende het haar heeltemal verstoot en sy moes met ʼn baba uit Afghanistan vlug. Tog sê Zakie* sy het in haar donkerste oomblikke “die God gevind wat my raaksien”. Haar verhaal werp lig op die werklikheid van miljoene Christen-vroue wat wêreldwyd vir hul geloof vervolg…
13 Mar 15 min

Sielkundige fenomeen inspireer sanger

“Ek hoop dat ek deur die liedjie mense sal kan bewus maak van die seer wat hulle ervaar, en dat dit dalk tot die besluit sal lei dat hulle met iemand sal gaan praat en genesing soek.”
27 Feb 15 min