Heuningfees is vertoonvenster vir byeboerdery

Loading player...
In Rustenburg is daar ʼn groep byeboere wat hulle nou beywer om die Stedelike Bye-gilde landswyd uit te brei. Die gilde se idee is om hulp en ondersteuning te bied aan kleinskaalse beginnerbyeboere en stadbewoners wat met heuning, byewas en propolis (bye-gom) wil boer. Hennie Oberholzer het met Maroela Media gesels oor die Stedelike Bye-gilde en die Heuningfees wat die gilde van 21 tot 28 November in die dorp aanbied. Hy het ook meer vertel oor die produksiepotensiaal van ʼn kleinskaalse byeboerdery in ʼn dorpgebied.
20 Nov 2020 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

‘Jy is wat jy eet,’ sê dokter oor diabetes

In die eerste episode van Maroela Media se podsendingreeks oor diabetes, werp dr. Marlé van der Merwe lig op die verskille tussen tipe 1- en tipe 2-diabetes, asook tekens van dié siektetoestand.
5 Sep 17 min

Nádine gee Karin Hougaard-treffer nuwe asem

Die sprankelende sangeres vertel in Maroela Media se ateljee sy het aanvanklik net beplan om die liedjie op Steve Hofmeyr se Ikoon-konsert te sing en het nooit gedink sy gaan dit opneem nie.
1 Sep 14 min

Pieter Koen terug agter mikrofoon

“Belangrikste van alles was dit vir my ʼn manier om hulde te bring aan ʼn goeie vriend, asook een van die beste Suid-Afrikaanse kunstenaars van sy era.”
29 Aug 10 min

Kritiese denke op voorgrond by Affies-redenaars

Affies het vanjaar ʼn allemintige 14 leerders in 15 kategorieë by die ATKV-redenaarskompetisie se landsfinaal gehad. Drie leerders het by Maroela Media in die ateljee gekuier en is juis uitgedaag om oor kritiese denke onder die jeug te redeneer.
28 Aug 9 min