GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
543 Episodes
480 – 500

#JouGrootKuier - Franja Du Plessis

Die beeldskone en talentvolle Franja Du Plessis kom kuier by Doepie op JouGrootKuier en gee vir ons n paar lielike akoestiese weergawes van haar liedjies. En vertel ons ook bietjie meer van liefdeslewe.
11 Feb 2022 31 min

#DieGrootTrek - Johrne Van Huysteen

Ons geliefde #GrootOntbyt aanbieder Johrne Van Huysteen verlaat ons binnekort om n nuwe loopbaan te betree. Doepie & Nina gesels bietjie met hom oor wat die toekoms inhou en van sy gunsteling oomblikke op die TV program.
10 Feb 2022 28 min

#JouGrootKuier - Valiant Swart & Gian Groen

Valiant en Gian kuier saam op JouGrootKuier. Hulle vertel ons bietjie meer oor hoe die generasies voor hulle, hulle "stage names" vir hulle gegee het en GrootFM se Hoopstoot fonds help Valiant uit met R10 000 vir sy vrou se kanker behandeling.
28 Jan 2022 34 min

#GrootGeld - Thys Van Zyl Januarie Geldsake

Thys van Everest Welath Management kuier in die ateljee vir die heel eerste #GrootGeld geselsie. Oor die volgend paar maande sal Thys 1 keer 'n maand by Doepie en Nina kom draai om 'n opsomming te gee van die maand wat verby is se geldsake.
27 Jan 2022 26 min

#JouGrootKuier - Eloff

Die Prins van Potch, Eloff, Kuier saam Doepie en Nina op Jou Groot Kuier geborg deur King Price en voer vir die heel eerste keer sy gewilde treffer "Johnny Blou" akoesties op!
21 Jan 2022 22 min

#DieGrootTrek - David Louw

Akteur en Skrywer David Louw kuier in die ateljee om te gesels oor wat 2022 vir hom inhou en ook oor die boerdery wat hy nou gaan aanpak met n spesiale verrassing van Doepie en Nina vir hom op die foon lyn!
18 Jan 2022 28 min

#DieGrootTrek - Nina dare vir Doep om 'n radio drama te doen.

Na Doepie met Nina en Jennifer gek geskeer het oor hulle drama opvoerings het Nina besluit dit sal n goeie idee wees om te kyk of Doepie ook sy lyf kan akteur hou en saam haar in 'n radio drama kan speel vir die eerste #GrootDare van 2022.
17 Jan 2022 9 min

#DieGrootTrek - Clinton Gahwiler

Clinton is 'n Sielkundige wat spesialiseer in die opknapping van sport persone se "Mental Toughness". Hy kuier saam Doepie en Nina om te gesels oor hoe ons, ons eie breine kan programmeer om 2022 better te benader.
13 Jan 2022 27 min

#JouGrootKuier - Rooksein LIVE

Rooksein kuier bietjie saam Doepie & Nina op Jou Groot Kuier met trots geborg deur King Price. Hulle voer hulle groot treffer Damlelielief op en ons hoor hulle splinternuwe enkele snit vir die eerste keer.
19 Nov 2021 29 min

#JouGrootKuier - Die Campbells

Die Campbells kuier saam Nina en Sonet in die ateljee vir die week se Jou Groot Kuier met trots geborg deur King Price. Die manne rukkie die kitare uit en sluit die week af met 'n lekker jol!
12 Nov 2021 26 min
480 – 500