GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
543 Episodes
460 – 480

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Maart)

Liezel kom kuier by Doepie en Nina in die Boomhuis en gesels bietjie oor praktiese wenke wat jy kan gebruik om konflik te hanteer by die huis en in jou verhoudings.
29 Mar 2022 31 min

#DieGrootTrek - Kamp Draadloos Episode 7

Die inwoners van Kamp Draadloos is nie baie gelukkig nie en trek saam om die kamp te verlaat. In ons finale episode van die radio drama lyk dinge nie goed vir Sonya nie.
28 Mar 2022 5 min

#JouGrootKuier - Bad Peter

Die manne van Bad Peter is in die ateljee en slaan asems weg met hulle akoestiese nommers wat hulle kom opvoer.
25 Mar 2022 31 min

#DieGrootTrek - Didi Van Masterchef SA

Deidre Stolz beter bekend as Didi van die nuutste seisoen van Masterchef SA gee vir FanGirl Nina en Doepie bietjie inligting oor wat aan gaan agter die skerms en hoe haar journey was.
17 Mar 2022 31 min

#DieGrootTrek - Rikus De Beer (RadioRaps)

Ons ken hom almal as johnathan van RadioRaps maar die man agter die Karakter is Rikus De Beer en hy gesels met ons oor hoe die karakter ontstaan het en waarmee hy homself deesdae besig hou.
15 Mar 2022 30 min

#DieGrootTrek - Episode 6

Bekende Akteur Pieter van Getroud met Krieket kom in Kamp Draadloos aan en word vertel die vreemde reuk naby sy staanplek kan moontlik n lyk wees.
14 Mar 2022 5 min

#DieGrootTrek - Neil Sandilands oor Die Groot Niks

Een van ons grootste uitvoer talente Neil Sandilands gesels met Doepie en Nina oor sy program die Groot Niks en ook wat hy geleer het van homself tydens die verfilming van die reeks in Namibie.
10 Mar 2022 11 min

#DieGrootTrek - Alwyn Uys inspireer

Alwyn was n kranige sportman tot n motorongeluk sy lewe verander het in 2014. Ons gesels met hom oor sy boek waarin hy inspireer en vertel waar sy krag en ispirasie vandaan kom.
8 Mar 2022 26 min

#DieGrootTrek - Kamp Draadloos - Episode 5

Na die ramp van die babers in die swembad het Sonya 'n nuwe uitdaging op haar hande. Een van die grootste Sepie sterre kom kuier en sy staanplek is presies waar Theunis, Belinda en Sonya die visse begrawe het.
7 Mar 2022 5 min

#DieGrootTrek - Peterson Topscano TikTok sensasie!

Die Amerikaner, Peterson Toscano, het groot naam gemaak op TikTok vir sy liefde van Suid-Afrikaanse kultuur en ook sy belangstelling in Afrikaans. Hy Kuier saam Doepie & Nina en het vir hulle "Jerky" van die VSA gebring om te vergelyk met biltong. Doepie was nie baie beindruk nie.
1 Mar 2022 33 min

#DieGrootTrek - Kamp Draadloos - Episode 4

Episode 4 van Kamp Draadloos vervolg op die storie waar Oom Theunis vir Belinda gevra het waarom sy Babers in die Swembad gegooi het. Sonya is woedend en daar moet dringend 'n plan gemaak word.
28 Feb 2022 5 min

#JouGrootKuier - Zaam Sonnekus

Zaan Kuier saam Nina op die Rooi Stoel vir #JouGrootKuier. Zaan doen n paar akoestiese nommers en Nina vertel ook vir hom van n Suid-Afrikaanse legende wat dink hy is die toekoms van musiek in SA.
25 Feb 2022 32 min

#DieGrootTrek - Kamp Draadloos - Episode 3

Ruben het die "hots" vir Danielle en kul haar in 'n piekniek in. Hy is 'n hopeless romantic en het toe die tekens verkeerd gelees en opgedaag by Danielle in sy onderboekie!
21 Feb 2022 6 min

#JouGrootKuier - Brendan Peyper

Brendan is Doepie en Nina se gas op die rooi stoel die week en kom voer van sy bekendste liedjies akoesties op in die ateljee.
18 Feb 2022 32 min

#DieGrootTrek - Wat gebeur tussen Rusland & Ukraine.

Mnr Roland Henwood, Politiese Wetenskaplike en Kommentator by Universiteit van Pretoria verduidelik die huidige situasie tussen Rusland en Ukraine en ook wat die kanse is op "WW3". Ons gesels ook met Shaun Van Wyk, 'n Suid Afrikaner wat in Ukraine woon om te hoor wat die gevoel is onder die…
15 Feb 2022 26 min
460 – 480