Na konsultasies met belanghebbendes in die bedryf het die omgewingsministerie hersiene toegangsgelde by nasionale parke en bewaringsgebiede aangekondig. Buitelandse en Namibiese kinders onder die ouderdom van 16 kan die fasiliteite gratis binnegaan, terwyl pryse wissel van so laag as 20 Namibiese dollar vir volwassenes tot so hoog soos 280 dollar…
Die skorsing van die uitvoerende hoof van die Katima Mulilo-dorpsraad, Raphael Liswaniso, het in 'n regstryd ontaard, met sy prokureurs wat aanvoer dat die proses onwettig, ongemagtig en prosedureel gebrekkig is. Sleutelkwessies sluit in 'n onbepaalde skorsing sonder betaling, die afwesigheid van 'n geldige raadsbesluit, beweerde onwettige aanstellings van dissiplinêre…
Die Amerikaanse president Donald Trump se pogings om beheer oor Groenland oor te neem, het beleggers wêreldwyd geskud, met aandelemarkte en die Amerikaanse dollar wat getuimel het na sy jongste dreigemente oor die gebied. Die Amerikaanse dollar, tradisioneel 'n veilige hawe vir beleggers gedurende periodes van wisselvalligheid op die aandelemark,…
Die Kommissie vir Billike Indiensneming het vanoggend tweedaagse openbare verhore afgeskop waar 15 maatskappye gedaag is om te antwoord op mislukkings en tekortkominge in die nakoming van wetlike vereistes rakende billike indiensneming in Namibië. Rauha Haufika, die adjunkvoorsitter van die kommissie, beklemtoon die belangrikheid van nakoming van regstellende aksie en…
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres het die sloping van die UNRWA-hoofkwartier in Oos-Jerusalem in Israel veroordeel. Die sloping volg op 'n wet wat die bedrywighede van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge verbied. Israel het langdurige probleme met UNRWA, beskuldig die instelling dat hy Hamas help en eis dat…
Die vakverbond Cosatu verwelkom die regering se aksie om arbeidsinspekteurs in staat te stel om die betaling van werknemers se pensioenfondsbydraes af te dwing. Arbeidsinspekteurs kan nou seker maak pensioenfondsbydraes wat van werkers se salarisse afgetrek word, asook werkgewers se bydraes, word binne sewe dae aan die betrokke fondse oorbetaal…
Rugby: Skotland se hoofafrigter, Gregor Townsend, het 40 spelers aangewys vir die Sesnasiesreeks, met Sione Tuipulotu as kaptein. Dit bestaan uit 23 voorspelers en 17 agterspelers, met Jonny Gray en Dave Cherry wat terugkeer. Freddy Douglas en Liam McConnell is twee van sewe spelers wat nog in slegs enkele toetse…
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die bestuurder wat betrokke is by die dodelike leerdervervoerongeluk in Vanderbijlpark waarin 14 leerders dood is, se openbare bestuurderspermit het in November verlede jaar verval. Lesufi het tydens 'n media-inligtingsessie bevestig die provinsiale regering voer intensiewe kontroles uit op alle leerdervervoervoertuie en -bestuurders,…
Monokultuur, veral onder bestaansboere, kan oor die langtermyn nadelig wees vir grondgehalte en produksie. Dit kan ook peste vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur vir akkerbou by Agribank gepraat wat meer inligting gee oor die kwessie en die skade wat dit kan berokken.
Na 'n onderbreking van vyf jaar keer Namibië se voorste musiektoekennings, die NAMAS, terug. Die kultuurministerie het amptelik die hervatting van die Namibië Jaarlikse Musiektoekennings later vanjaar bevestig, 'n stap wat deur rolspelers in die bedryf verwelkom word. Nascam-voorsitter Joseph Ailonga sê die terugkeer moet reg gedoen word, met billike…
Die Sentrale Energiefonds van Suid Afrika voorspel 'n daling in petrolpryse, met selfs groter besparings vir diesel. Maar kenners meen met Donald Trump en globale faktore wat deurmekaar is, kan dinge vinnig verander. Kosmos 94.1 Nuus het met Oliver Diggle, ekonoom van Cirrus gepraat oor die neigings.
Hoërhofregter Marilize du Plessis het versoeke van verskeie beskuldigdes in die Fishrot-korrupsiesaak om die verhoor uit te stel, vanoggend van die hand gewys. Die beskuldigdes het die hof gevra om die saak weens verskeie redes uit te stel, insluitend voortdurende regsuitdagings in ander howe en probleme om regsverteenwoordiging te bekom.
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Suid-Afrika se deelname aan die omstrede Brics-vlootoefening, waarby Iran ook betrokke was, verdedig. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, gaan ondersoek laat instel ná berigte dat die Suid-Afrikaanse Vloot president Cyril Ramaphosa se opdrag dat Iran onttrek, geïgnoreer het. Rusland en China het…
Die VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge, Barham Salih, sê die krimping van humanitêre hulp die 'ongekende' Soedanese vlugtelingkrisis baie moeiliker maak. Hy sê 117 miljoen is ontheem – die ergste in die moderne geskiedenis. Hy het met Sky News gepraat.
Die vakverbond Cosatu is ontsteld oor die 2026-salarisverhoging vir politici, provinsiale wetgewers en munisipale raadslede. Die verhoging van 3,8-persent is effens minder as die voorgestelde 4,1-persent. Dit volg egter terwyl voorstelinie-werkers en munisipale personeel betalingsvertragings en besparingsmaatreëls moet trotseer. Matthew Parks van Cosatu sê die verhoging stuur die verkeerde boodskap…
Gemeenskapslede van verskillende kiesafdelings in die Oshikoto-streek het toerusting en materiaal van die Oshikoto-streekraad ontvang onder sy Mikro-inkomstegenererende Projekte-skema, wat daarop gemik is om lewensomstandighede te verbeter en selfstandige werk te bevorder. Tydens die oorhandigingsplegtigheid het die goewerneur van die Oshikoto-streek, Sacky Kathindi, gesê die inisiatief vorm deel van die…
Build One South Africa vra vir 'n landwye ondersoek na die leerdervervoerstelsel. Dit volg op die dood van 12 leerders hierdie week terwyl hulle skool toe vervoer is in Vanderbijlpark in Gauteng. Die party wil hê die ondersoek moet bestuurdersopleiding, voertuigveiligheid, oorlaaide voertuie en die afdwing van regulasies hersien. BOSA…
Die gebeure by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, bly in die nuus. Wêreldleiers het hulle sterk uitgespreek teen die nuwe neiging in internasionale politiek, geopolitiek en die aanslag van Amerikaanse president Donald Trump. Kanada se premier Mark Carney was nie ‘n uitsondering nie.
21 Jan 1AM
1 min
1280 – 1300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.