
Atoomenergie-agentskap hou aktiwiteite dop by Iran se Pickaxe-berg
Loading player...
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê hy hou aktiwiteite dop by Iran se Pickaxe-berg, ʼn ondergrondse tonnel-netwerk naby Teheran se Natanz-uraanverrykingsfasiliteit. Die hoogsversterkte terrein is vermoedelik ʼn kernfasiliteit wat in aanbou is. Volgens berigte gebruik Iran opgegaarde onderdele om missiele te vervaardig wat met soliede en vloeibare brandstof aangedryf word. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, het aan Bloomberg gesê hulle het geen konkrete inligting oor moontlike aktiwiteite wat by Pickaxe plaasvind nie:

