
'Interne kartel' sit agter MK-party sekretaris-generaal se afdanking
Loading player...
Die voormalige sekretaris-generaal van die MK-party, Sibonelo Nomvalo, beweer sy afdanking is deur 'n interne politieke kartel bewerkstellig deur versinde intelligensieverslae te gebruik. Sy verwydering kort voor volgende week se munisipale verkiesing kom te midde van berigte oor verdeelheid binne die party. Die MK het glo ongemagtigde administratiewe besluite as rede aangevoer. Nomvalo het aan die media gesê hy het aan partyleier Jacob Zuma verduidelik verskeie senior figure het teen hom saamgesweer:

