
Verlig kragtariewe, vra Afriforum oor R30 miljard Eskom-wins
Loading player...
AfriForum vra Eskom om verligting op kragtariewe te bied nadat die kragvoorsiener 'n wins van 30-miljard Suid-Afrikaanse rand in die vorige boekjaar aangeteken het. Die organisasie het voor Eskom se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg betoog en 'n spaarvarkie en versoekskrif oorhandig waarin antwoorde geëis word oor stygende elektrisiteitskoste, bestuursbonusse en 'n bykomende inkomste-eis van 58-miljard-rand. Deidré Steffens van AfriForum sê verbruikers moes jare lank beurtkrag en stygende kragtariewe verduur:

