
14 SME's deel N$1,1 miljoen finansiering
Loading player...
Veertien kleinsakeondernemings, wat al 14 streke verteenwoordig, deel in toekenningsfinansiering van 1,1 miljoen Namibiese dollar ná die eerste "SME Fund Chelete Cage Pitch"-geleentheid in Windhoek. Catherine Shipushu, uitvoerende beampte vir mededingendheid en handelsmerkvestiging by die Namibiese Beleggingsbevordering- en -ontwikkelingsraad, sê die befondsing volg op 'n landwye oproep wat byna 900 aansoeke gelok het, 'n aanduiding van die groeiende entrepreneursbelangstelling in die land. Sy gee meer besonderhede.

