
Swartbooi kritiseer regering se ekonomiese rekord
Loading player...
LPM-leier Bernadus Swartbooi het die regering se ekonomiese rekord oor die afgelope 36 jaar skerp gekritiseer. Hy sê armoede, werkloosheid, honger en finansiële druk neem toe. Swartbooi het in die Parlement gesê meer as 60 persent van Namibiërs verdien minder as 2 000 dollar per maand, terwyl mikrolenings tot sowat 9,3 miljard dollar gestyg het.

