
Bek-en-klouseer bedreig breër landbou-ekonomie
Loading player...
Bank Windhoek se besturende direkteur, James Chapman, waarsku dat bek-en-klouseer nie net boere raak nie, maar die lewensbestaan van sowat 70 persent van Namibiërs wat deur landbou ondersteun word, bedreig. Hy sê gestaakte veeveilings plaas kontantvloei onder druk en raak ook streekdorpe. Chapman het by die 2026 Bank Windhoek Landboureeks gepraat.

